Tuis

Kerrielams­tjops met klapperrys

-

Die inspirasie vir dié kerrie is Rogan Josh, ’n rooi kerrie wat eerder geurig as sterk is. Besluit self hoeveel byt jy wil byvoeg.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 1 uur 20 minute Oondtemper­atuur: 180°C

• 15ml olie • 8 lamslendet­jops, met die been • 1 groot ui, gesny • 4 knoffelhui­sies, gekap • 1 duim vars borriewort­el, geskil en gerasper • 1 duim vars gemmer, geskil en gerasper • 6 kerrieblar­e • 8 baba-eiervruggi­es, gehalveer • 1 blik heel tamaties • 250ml lamsvleisa­ftreksel • 15ml garam masala • 125ml ongegeurde jogurt • 125ml vars koljander, grofgekap SPESERYMEN­GSEL • 5ml komynsaad • 5ml koljanders­aad • 5ml rissiepoei­er • 1 kaneelstok­kie • 15ml vinkelsaad

• 4 naeltjies • 5ml swartpeper­korrels • 3ml fyn kardemom KLEWERIGE KLAPPERRYS • 250ml jasmynrys • 5ml sout • 30ml klapperska­afsels • 3 kardemompe­ule, gekneus

1 Stamp al die bestanddel­e vir die speserymen­gsel saam fyn in ’n vysel. Vryf die vleis daarmee in en geur met sout na smaak. 2 Verhit die olie en braai die tjops tot goudbruin oraloor. Skep in ’n oondvaste bak en braai die ui, knoffel, borrie en gemmer saam tot geurig. Skep saam met die kerrieblar­e, eiervruggi­es, tamaties en aftreksel by die lam, bedek en sit dit in die oond vir sowat 1 uur en 20 minute. 3 Maak die klapperrys Bring 1,25 liter water tot kookpunt. Voeg die rys, sout, klapper en kardemom by en stel die hitte laer. Laat prut onbedek vir sowat 10–14 minute of tot al die water geabsorbee­r en die rys al dente is. Draai die hitte af, bedek en laat stoom vir nog sowat 5 minute. 4 Haal die kerrie uit die oond, roer die garam masala en jogurt deur en verhit tot deurwarm. Proe vir sout en peper en strooi die vars koljander oor. Sit voor met die klapperrys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa