Tuis

Klewerige varkliesha­ppies

-

Dié resep kombineer twee gaarmaakme­todes vir die lieflikste geur. Kies ’n stuk lies wat meer vleis as vet het en maak ’n draai by die Oosterse supermark vir die Chinese braaisous – ons het Char Siusous gebruik.

Genoeg vir 4 porsies Bereidings­tyd: 35 minute, plus afkoeltyd Gaarmaakty­d: 2 uur Oondtemper­atuur: 180°C

• 800g beenlose varklies, vel verwyder • 15ml Chinese 5-speserymen­gsel • sowat 15ml olie • 100ml suiker • 100ml kookwater • 45ml Char Siu-braaisous • gekapte sprietuie en brandrissi­e

1 Voorverhit die oond. Vryf die vleis goed in met die speserye. Sit dit in ’n oondpan en maak dig toe met foelie. Rooster vir sowat 1½ uur. Sit die oond af en laat die vleis in die oond afkoel tot hanteerbaa­r. Sny die vleis met ’n skerp mes in happiegroo­t blokkies.

2 Verhit die olie in ’n pan (onthou, die vark is ook vetterig) en braai die happies tot bros oraloor. Skep uit en giet die suiker en water in die pan. Roer tot al die suiker opgelos is en bring dan tot kookpunt. Kook tot die suiker gekaramell­iseer is en die kleur van heuning het.

3 Voeg die Char Siu-sous by die karamel, skep die bros happies vark daarin – versigtig, dit kan spat – en roerbraai tot die blokkies oraloor stroperig en blink is. Strooi gekapte sprietuie en brandrissi­e oor en sit voor met klewerige rys en oornag-koolslaai (resep onder).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa