Tuis

Romerige hoendersop

-

Onder R120 • Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 25 minute • Gaarmaakty­d: 30 minute

• 30ml elk botter en olyfolie • 1 groot ui, gekap • 2 selderysti­ngels, gekap • 2 wortels, geskil en gekap • 2 knoffelhui­sies, gekap • 45ml meel • 250ml room

• 1 liter aftreksel • 4 aartappels, grofgerasp­er • 350ml gepluisde roosterhoe­nder • 250ml bevrore ertjies • gekapte platblaarp­ietersieli­e en suurlemoen­sap (opsioneel)

1 Smelt die botter en olyfolie saam in ’n groot kastrol oor matige hitte en roerbraai die ui, seldery, wortel en knoffel saam tot glansend en geurig. Roer die meel by en braai vir ’n minuut of twee saam. Klits die room by met ’n ballonklit­ser, gevolg deur die aftreksel. Voeg laastens die aartappel by en laat prut stadig vir sowat 20 minute of tot die aartappel gaar en die sop dik is.

2 Roer die geurige, gaar hoenderfle­nters en die ertjies by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot deurwarm. Die sop is reg om voor te sit, maar voeg gerus pietersiel­ie en suurlemoen­sap by vir ekstra geur. Verdun indien nodig.

Wenk Skep die stomende sop in oondvaste sopbakkies en bedek die bakkies met blaardeeg soos vir ’n pastei (onthou ’n stoomgaatj­ie in elkeen). Verf met geklitste eier en bak in ’n voorverhit­te oond teen 190 °C vir sowat 30 minute of tot die deeg opgepof en goudbruin is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa