Tuis

Churro’s

-

Ek het die idee van churro’s in koeksister-gedaante in Barbara Joubert se boek Kostalgie gesien. Slim, né? – Johané

Genoeg vir 12 porsies Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 15 minute

• 250ml kookwater • 80g botter • 50g (60ml) kaneelsuik­er • knippie sout • 140g (250ml) meel • 3 eiers • olie vir diepbraai • strooisuik­er as garnering

1 Roer die water, botter, suiker en sout saam in ’n pot oor matige hitte tot gesmelt en bring tot kookpunt.

2 Verwyder dadelik van die hitte en roer al die meel op een slag by tot dit ’n deegbal maak wat van die pot se kante af wegtrek.

3 Klits die eiers een-een by tot die mengsel blink en glad is. Skep dit in ’n spuitsak met ’n sterpunt, reg vir gebruik. Laat rus in die yskas tot koud – die deeg sal effens “verstewig” en mooier vorm behou in die olie.

4 Verhit die olie in ’n kastrol. Spuit die deeg versigtig in die warm olie en knip met ’n skerp skêr ewe lang stukke af. Braai tot goudbruin, draai om, braai die ander kant bruin en dreineer op kombuispap­ier.

5 Sit voor op een van dié maniere: Opsie 1 Rol elke churro in strooisuik­er en sit voor met sjokolades­ous: Smelt 200 g donkersjok­olade, 250 ml room en ’n knertsie donker rum saam tot glad en dik. Opsie 2 Sit die churro’s voor soos ’n koeksister deur dit warm in yskoue stroop te dompel. Maak die stroop so: Roer 250 ml kookwater, 375 ml suiker, 15 ml suurlemoen­sap, 5 ml rooswater, 2 kaneelstok­kies

en 3 kardemompe­ule saam oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Laat heeltemal afkoel en sit dit dan in die yskas tot yskoud. Dompel die churro’s warm in die stroop en laat intrek. Hou in die yskas en eet dieselfde dag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa