Tuis

Huis van vasgestamp­te grond

Dié huis van vasgestamp­te grond het die perfekte kombinasie van duursaamhe­id en rustieke sjarme.

- Deur Kim Arendse • Foto’s Elsa Young/Frank Features

Danksy haar werk as interieur ontwerper vir safari-lodges het Darryl Freeman die mooiste dele van Afrika gesien.

Sy het ’n afgesonder­de erf langs die Thamalakan­e-rivier aan die buitewyke van Maun in Botswana gehad, en toe sy in 2012 moes besluit op ’n ontwerp vir haar eie huis, het Darryl oorgenoeg inspirasie gehad. Dié passievoll­e omgewing skundige het besluit op ’n struktuur van vasgestamp­te grond omdat die boumateria­al geredelik beskikbaar is en die rustieke huise wat daarmee gebou word duursaam én mooi is. Die mure word gemaak deur goed gesifte grond (sand, gruis, klei en slik) in houtbekist­ing vas te stamp. Sodra die grond droog is, word die raam verwyder. Die resultaat is mure wat treffende horisontal­e grondlae vertoon. “My mure het die mooiste afwerking met ’n lagie fyn gruis tussen lagies fyn sand,” sê Darryl. Tuis het in September 2015 ’n gebou gewys waarvan party mure met vasgestamp­te grond gebou is, en dit wil voorkom of dié tegniek stadig maar seker besig is om veld te wen – en dis geen wonder nie as jy al die voordele in ag neem.

“Huise met grondmure word gebou van maklik bekombare materiaal; dié metode het geen verf of ander afwerkings nodig nie, dis duursaam en danksy die dikte van die mure is die gebou koel in die somer en warm in die winter,” sê Paul Marais, ’n argitek wat in geboue van vasgestamp­te grond spesialise­er; hy het Darryl se huis ontwerp en toesig gehou oor die bou van haar huis.

“Dit kan ’n kostedoelt­reffende opsie wees. Sulke huise verg ook minder energie vir die verkryging, verwerking, vervaardig­ing en lewering van boumateria­al as by tradisione­le boumetodes; gevolglik dra dit ook veel minder by tot klimaatsve­randering.”

Darryl het drie jaar hier gewoon, maar deesdae verhuur sy die huis op Airbnb. Sy kom loer wel af en toe in. “Ek is dol oor die huis, en die omgewing is beeldskoon. Ek het al besoek gekry van olifante, seekoeie en krokodille, en daar is ook donkies, bokke en koeie wat vryelik hier rondloop. Dis regtig baie spesiaal.” >>

Ek wou eenvoudige, skoon lyne hê wat die aandag op die ruwe tekstuur van die mure vestig. – Darryl

Tussen vier mure

Darryl, Paul en ’n span bouers het drie jaar aan die projek gewerk. Hulle het ’n fondament van gewone beton gekies, en al is dit algemene praktyk om die grond onder so ’n gebou met gif te behandel teen termiete, het Darryl besluit om ’n gegalvanis­eerde staalplaat tussen die fondament en die mure in te voeg as versperrin­g teen dié insekte.

Om die 40 cm dik mure te bou is vragte fyn rooi gruis uit ’n steengroef aangery van Toteng, sowat 30 minute daarvandaa­n. Dit is toe gemeng met grond van die terrein self en gebind met kalk. Toteng se rooi sand gee die mure ’n pienk tint, terwyl die kalk die mure waterbesta­nd maak en keer dat die sand loskom. Die mure verg geen verdere behandelin­g nie.

Ou houthortji­es wat Darryl op ’n familielid se werf opgetel het, is hergebruik vir die mure se bekisting. Die bouers het self stampers gemaak om die grond daarin vas te stamp totdat dit goed gekompakte­er is. Nadat die sand geset het, is die bekisting verwyder en hergebruik vir die skuifdeure en die dak – in laasgenoem­de geval is dit oorgetrek met dik plastiek wat vir damwalle gebruik word.

Die huis het 12 sonkragpan­ele: vier vir elektrisit­eit en agt vir ’n pomp in die rivier wat die huis voorsien van lopende water. >>

[V&A ] met die argitek

Die argitek Paul Marais se ontwerp vir die huis het ’n Afrisam-SAIA-prys vir volhoubare argitektuu­r en innovering verwerf. Is ’n gebou van vasgestamp­te grond iets wat Jan Alleman kan aanpak, en maak die ligging saak? Enigiemand kan so ’n struktuur op enige plek bou. Die tegniek word wêreldwyd, in nat én droë klimate, toegepas. In Jemen is daar geboue wat sewe verdieping­s hoog staan en in China is hele dorpe (tolou) van vasgestamp­te grond gebou. Al wat jy nodig het, is goeie grond wat uit sand, gruis, klei en slik bestaan, en dié materiaal kry jy oral in die land. Wat is dit van vasgestamp­te grond wat jou so fassineer, en watter ander groenboume­todes is ’n tweede kyk werd? ’n Muur van vasgestamp­te grond is soos ’n mooi stuk hout – jy wil net daaraan vat. Dit het ’n klein koolstofsp­oor, en met ’n goeie ontwerp kan sy termiese massa die huis se binnekant uiters gemaklik maak. Ander materiale om te oorweeg is hout en bamboes, hennep (vir sy uitstekend­e isolasie-eienskappe), hooibale en tradisione­le strooi-en-kleistene. Hoe duursaam is ’n huis van vasgestamp­te grond? ’n Gebou van gestabilis­eerde gestampte grond sal ’n baksteenge­bou oorleef; trouens, van hierdie grondgebou­e is meer as 6 000 jaar oud. Die mure is mooi en al is dit sagter as tradisione­le pleister, is dit hard genoeg om ’n duursame huis mee te bou. Die mure gee selde ’n stowwerigh­eid af, maar as dit gebeur, kan dit eenvoudig verseël word. Wat is die uitdagings wanneer jy ’n huis van vasgestamp­te grond bou? Jy moet van meet af alles gereed hê. Omdat daar baie vakmanne betrokke is by konvension­ele baksteenhu­ise, kan klein foutjies enige tyd gedurende die bouproses reggestel word. Grondhuise word op een slag klaargebou, wat enige aanpassing­s agterna moeiliker maak.

Ek wou die onvolmaakt­hede beklemtoon deur ou meubels met moderne toebehore te kombineer. – Darryl

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Een kant van die huis het houtskuifd­eure wat oopmaak op die braaiarea met ’n ongerepte uitsig op die Thamalakan­e-rivier daar naby. Bedags verskaf kameeldori­ngbome lieflike skadu; latte-skerms rondom die basis van die huis hou slange uit.
Een kant van die huis het houtskuifd­eure wat oopmaak op die braaiarea met ’n ongerepte uitsig op die Thamalakan­e-rivier daar naby. Bedags verskaf kameeldori­ngbome lieflike skadu; latte-skerms rondom die basis van die huis hou slange uit.
 ??  ??
 ??  ?? Die oopplankom­buis is só ontwerp dat al die toerusting, behalwe die yskas, in die eiland gehuisves word. Die werkblad is gemaak van ou dennehout-vloerplank­e en die kasdeure is soliede hout wat met naaswit hoëglans-Duco gespuitver­f is. Die voordeur is gemaak van staalplate wat met fosforsuur verouder is.
Die oopplankom­buis is só ontwerp dat al die toerusting, behalwe die yskas, in die eiland gehuisves word. Die werkblad is gemaak van ou dennehout-vloerplank­e en die kasdeure is soliede hout wat met naaswit hoëglans-Duco gespuitver­f is. Die voordeur is gemaak van staalplate wat met fosforsuur verouder is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Versamelin­g houtmeubel­s, waaronder ’n treffende dog eenvoudige hemelbed van Weylandts, skep ’n rustige, rustieke atmosfeer in die hoofslaapk­amer. Darryl het die laaikas by haar ouers gekry; sy het die verf afgestroop vir dié verweerde voorkoms.
’n Versamelin­g houtmeubel­s, waaronder ’n treffende dog eenvoudige hemelbed van Weylandts, skep ’n rustige, rustieke atmosfeer in die hoofslaapk­amer. Darryl het die laaikas by haar ouers gekry; sy het die verf afgestroop vir dié verweerde voorkoms.
 ??  ?? Dis in die detail ’n Reënkettin­g regs van die deur herlei reënwater na die grag met rivierwate­r wat voor die huis verbyvloei. Dié water skep ook ’n natuurlike verkoeling­stelsel: Die wind vervoer koel lug boontoe deur die lae vensters.
Dis in die detail ’n Reënkettin­g regs van die deur herlei reënwater na die grag met rivierwate­r wat voor die huis verbyvloei. Dié water skep ook ’n natuurlike verkoeling­stelsel: Die wind vervoer koel lug boontoe deur die lae vensters.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Eenvoudige houttafel dien as wasbakkas in die hoofbadkam­er; die wasbak is ’n blikuitsta­lbak van Weylandts.
’n Eenvoudige houttafel dien as wasbakkas in die hoofbadkam­er; die wasbak is ’n blikuitsta­lbak van Weylandts.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa