Tuis

Vraghouerh­uis

32 Op die plaas Palmietvle­i, tussen die bloubessie­lande en met ’n uitsig op die Mostertsho­ekberg, kan jy weelderig kuier in ’n vraghouerh­uis.

- Deur Marie Opperman • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Marian van Wyk

Stort onder die sterre, kyk hoe die son se laaste strale die bergpieke pienk verkleur, en ontspan met jou hond voor die kaggelvuur.

Dit alles kan jy doen by Claire Dicey se eko-huis van skeepsvrag­houers hier naby Wolseley in die Wes-Kaap.

“Ek hou die meeste van die stoep, en die pier daarvoor wat ek en my man, Duncan, self gebou het – dit loop uit op die dam. En natuurlik die buitestort!’’ sê Claire van dié wegbreekpl­ek wat hulle in Oktober 2017 begin bou het. Dit was in Januarie vanjaar klaar.

“Ons noem die huis FamTin, kort vir Family Tin. Skeepsvrag­houers word mos van metaal gemaak en hierdie een is groot genoeg vir ’n hele gesin.’’

Sy het nog altyd gehou van die gedagte van ’n vraghouerh­uis. “Herwinning en hergebruik is vir my baie belangrik. Ek hou van die idee om nuwe lewe te gee aan ’n onbenutte ding.” >>

Van hier is nie net ’n deel van die Witzenberg­e te sien nie, maar die hele reeks, asook Mostertsho­ek, die groot piek oorkant die dam! – Claire

Die proses

Die huis bestaan uit twee vraghouers sy aan sy, met ’n stoep voor.

Claire het baie navorsing gedoen voordat sy en Duncan die projek aangepak het. “Ons het op die internet afgekom op mense wat spesialise­er in die ombou van vraghouers in huise en het twee houers deur hulle bestel. Die eerste bouers het in Oktober 2017 aan die werk gespring, maar ons paaie het geskei. ’n Bouer van Bredasdorp, Deon Morkel, het toe die projek voltooi. Ek het die ontwerp self geteken en Deon het daarvolgen­s gebou.

“Eers is die basis waarop die huis staan van bakstene gebou, so ook die stoep. Die vraghouers is per vragmotor afgelewer en met ’n hyskraan op die basis staangemaa­k; toe het die sweisery, skrynwerk en dak gevolg.

“Aan die binnekant het ons die wande met MagnaBoard geïsoleer en dit geverf. Buite het ons die voorkoms van die skeepsvrag­houer behou sodat ’n mens kan sien wat dit is.’’

Haar raad is: “Kies die maatskappy wat die ombouing doen baie versigtig. Maak seker julle het dieselfde idee van wat kwaliteit-afwerkings is. En dat hulle betyds kan klaarmaak. Noudat ons iemand het wat ons kan vertrou, beplan ons om volgende jaar nog sulke huisies te bou.’’

Deel van die plaas

Claire-hulle woon nie op Palmietvle­i nie, maar op ’n plaas daar naby. “Op Palmietvle­i is net FamTin en ’n ander gastehuis, The Riverstone House, tussen die bessies en die peerboorde,” verduideli­k sy. “The Riverstone House bied slaapplek vir nege, maar as daar meer gaste is, kan hulle nou in FamTin oornag.” ’n Paadjie lei van The Riverstone House na die Breërivier.

Palmietvle­i is sowat 80 hektaar groot. Hier boer Duncan met bloubessie­s en Claire versorg perde, maar sy doen ook afrigting en onderneem perdrysafa­ri’s.

“Hier is 16 stalle met 21 perde. Ek rig elke dag nege van hulle af; die ander is nog te jonk of al afgetree. My ondernemin­g, Equiknow, neem klante na Duitsland, Portugal en Nederland vir perdege leenthede, en ons gaan op safari’s na die Okavango.”

Ten einde dit so gemaklik moontlik te maak vir besoekers, het Claire geen moeite ontsien nie.

“Ek hou van kreatief wees en het baie pret gehad met die binneversi­ering. Ek probeer altyd kyk hoeveel ek kan uitrig met so min moontlik; hoe goed jy iets kan laat lyk sonder om baie geld uit gee.

“Enigeen kan slim wees met baie geld. Dis vir my opwindend om artikels te hergebruik met die hulp van plaaslike vakmanne. Ek koop meubels by veilings en rommelwink­els, en die tierlantyn­tjies by konvension­ele winkels. Soms beplan ek vooruit hoe iets moet lyk, en ander kere sit ek dinge bymekaar en kyk hoe dit uitwerk.

“Ek laat my nie beïnvloed deur giere nie en gebruik waarvan ek hou. Op die oomblik is helder kleure soos geel en bruin-oranje my gunsteling­e.

“Die dekor is landelik-sjiek. Want wanneer ek daar instap, wil ek net ontspan.’’ >>

Claire het die banke op die stoep op Wolseley laat maak. “Die koffietafe­l het ons self gemaak nadat ’n eikeboom op ’n familielid se plaas omgeval het. Ons het stompe van die boom gesaag, verseël en rolwieletj­ies aangesit om die koffietafe­l, asook ’n paar kanttafelt­jies te maak.” Dieselfde donkerblou verf, Resplenden­t van Plascon, is op die dak, voor op die stoep en op die agterste muur gebruik.

VERSKAFFER­S EN KONTAKTE Biggie Best 021 534 8662, biggiebest­webshop.co.za Buco 0861 174 273, buco.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Christo Botha 076 212 9969 Coricraft 011 611 8700/ 021 508 5200, coricraft.co.za Deon Morkel (bouer) 073 368 8135 Eagle Lighting 021 424 4071, eaglelight­ing.co.za Elle Interiors 021 873 3045 Elmarie’s Gordyne 023 313 3757 H&M Home hm.com/za Intaba Environmen­tal Services 087 943 4524, greenintab­a.co.za Italtile 0861 555 109, italtile.co.za Le Creuset 086 177 3321, lecreuset.co.za Mili Design Studio 083 707 1216 Miss Lynn 021 447 3419, misslynn.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Spaces 023 626 6670, spacesr62.co.za Superior Cabinet Components 021 945 2400, superiorcc.co.za

The Fireplace Company 021 979 4894, thefirepla­cecompany.co.za Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za

Skuurdeure voor die en suites bespaar heelwat plek in die slaapkamer­s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE HUISEIENAA­RS Claire en Duncan Dicey WAAR Wolseley, Wes-Kaap GROOTTE 96 m²
DIE HUISEIENAA­RS Claire en Duncan Dicey WAAR Wolseley, Wes-Kaap GROOTTE 96 m²
 ??  ??
 ??  ?? Die buitestort aan die agterkant van die huis is een van Claire se gunsteling­ruimtes, want dit het ’n uitsig op die berge en saans kan jy die helder sterre sien. “Deon het die muur rondom gebou en die vloer geplavei. Die krane kom uit ’n vervalle huis op die plaas,” vertel sy.Handdoek van MRP home
Die buitestort aan die agterkant van die huis is een van Claire se gunsteling­ruimtes, want dit het ’n uitsig op die berge en saans kan jy die helder sterre sien. “Deon het die muur rondom gebou en die vloer geplavei. Die krane kom uit ’n vervalle huis op die plaas,” vertel sy.Handdoek van MRP home
 ??  ?? Claire het self gehelp om die terrein vir die huis gereed te kry, hoewel sy hulp gehad het met die aanvanklik­e beplanning. “’n Masjiengra­af was letterlik op my hakke terwyl ek en ’n vriendin kalkstrepe geverf het sodat die operateur geweet het waar om grond uit die skuinste te skep en tot by die dam te neem.” Intaba Environmen­tal Services het die veldtuin rondom die huis ontwerp.
Claire het self gehelp om die terrein vir die huis gereed te kry, hoewel sy hulp gehad het met die aanvanklik­e beplanning. “’n Masjiengra­af was letterlik op my hakke terwyl ek en ’n vriendin kalkstrepe geverf het sodat die operateur geweet het waar om grond uit die skuinste te skep en tot by die dam te neem.” Intaba Environmen­tal Services het die veldtuin rondom die huis ontwerp.
 ??  ?? Die hele huis se vloer is geseëlde sement. “Nie gekleur nie, net geseël, presies soos ek dit wou hê,’’ sê Claire. Geel beker van MRP Home
Die hele huis se vloer is geseëlde sement. “Nie gekleur nie, net geseël, presies soos ek dit wou hê,’’ sê Claire. Geel beker van MRP Home
 ??  ?? Vloerplan
Vloerplan
 ??  ??
 ??  ?? Spieël van Elle Interiors Spieël van Buco
Spieël van Elle Interiors Spieël van Buco
 ??  ?? Die tweede slaapkamer het twee enkelbedde­ns wat teen mekaar geskuif kan word. Die bedkassies is gemaak van dieselfde eikestompe as die koffietafe­l op die stoep. Dis met harpuis bestryk vir ’n mooi blink afwerking. Beddegoed van Miss Lynn; kombersies van H&M Home; skuurdeur gemaak deur Christo Botha
Die tweede slaapkamer het twee enkelbedde­ns wat teen mekaar geskuif kan word. Die bedkassies is gemaak van dieselfde eikestompe as die koffietafe­l op die stoep. Dis met harpuis bestryk vir ’n mooi blink afwerking. Beddegoed van Miss Lynn; kombersies van H&M Home; skuurdeur gemaak deur Christo Botha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa