Tuis

Lesertuin met hope tekstuur en struktuur

’n Onopgesmuk­te Hoëveldse tuin is ’n lushof vir mens én dier.

- Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Elza Cooper

“Ons het uit die staanspoor van die huis met sy kontemporê­re styl gehou,” vertel Henriëtte. “Maar die tuin het ons nie beïndruk nie. Dit was sonder karakter; daar was ook geen fokuspunte of sithoekies nie. ’n Tuin is vir my baie belangrik, want dit is waar jy rustig kan word en net weer kan besef hoe wonderlik die natuur en die skoonheid daarvan is.”

Die De Beers het by Yvonne Joao van Jardinier Landscape Design & Décor gaan aanklop nadat sy hul vorige huis se tuinontwer­p behartig het. Die opdrag aan haar was om ’n meer klassieke tuin met struktuur te skep. Tog moes die voorkoms onopgesmuk wees, met nie te veel verskillen­de plantsoort­e en kleure nie.

Yvonne het die groot taak saam met haar kontrakteu­r en regterhand, Stephan Eyssel, aangepak. “Ons visie was om ’n informele tuin te skep, maar met baie strukture: staalbalke en -panele as fokuspunte, tuinpaadji­es wat jou na interessan­te hoekies lei, mooi heininkies wat beddings afrond, detail en verrassing­selement e wat jou aandag trek en jou vir ’n wyle laat stil staan en dit bewonder,” verduideli­k Yvonne.

“’n Spesiale hoekie vir elke deel van die dag en fokuspunte vanuit elke vertrek van die huis was ’n prioriteit. Dit moes ook ’n tuin met geur en atmosfeer wees – ’n tuiste op sigself.” >>

Ek hou van die kontras tussen die klip, hout en blomme in hierdie hoekie. – Henriëtte

Gras en massas plante

Die huis met sy sterk argitekton­iese lyne het reeds ’n mooi dek gehad wat as verlengstu­k van die leefareas dien. Groot stapeldeur­e vou oop en bied ’n uitsig op die landgoed se groen areas en dam. Om dié uitsig ten beste te benut is die grasperk vergroot sodat dit jou oog oor die hele tuin lei en jou nooi om daardeur te wandel na die verskillen­de tuinkamers.

Vir die blombeddin­gs is op eenvoudige, skoon lyne besluit met massa-aanplantin­gs van dieselfde soort, soos wildeknoff­el en groot wilde-irisse. Die loof in die tuin is hoofsaakli­k groen en grys, wat ’n gevoel van kalmte skep, terwyl klein kolle kleur in die vorm van eenjarige saailinge soos begonias, impatiëns, petunias en verbenas vir helderheid sorg.

“Hoewel die tuin formeel gestruktur­eer is, is die klem op ornamentel­e en bruikbare plante wat jou sintuie stimuleer,” vertel Yvonne. Wildeknoff­el help byvoorbeel­d om plantluise en slange weg te hou!

Die doelwit was deurgaans om die tuin by die omgewing te laat inskakel sodat die algehele voorkoms so natuurlik moontlik bly. Inheemse bome soos doppruime help hiermee, so ook skanskorwe gevul met plaaslike klip.

“Op die ou end skep die enkele grasperk kontras met die blombeddin­gs en versag dit ook die harde land skapelemen­te,” sê Yvonne.

Tuinpaadji­es en tuinkamers wat werk

Tuinkamers is met die hulp van kortgeknip­te heinings geskep sodat elke kamer skaars merkbaar in ’n ander een oorloop. Interessan­te paadjies verbind al dié areas in die tuin – so lei ’n paadjie jou byvoorbeel­d deur jasmyn-boë van een punt na ’n volgende, met verskeie verrassing­selement e onderweg.

“Dis nie nodig dat al die paadjies eenders lyk nie, maar hulle moet wel by mekaar pas,” verduideli­k Yvonne. “Plek-plek is tekstuur bygevoeg met grondbedek­kers om die eentonighe­id van die plaveiblok­ke te breek en te versag.”

Die paadjie na die bom a is van omgewings vriendelik­e M o is t ure S hiel d-planke met voet liggies wat dit snags verlig. “Die vuurput is die gewildste element in die nuwe tuin,” vertel Yvonne, wat ook dié deel ontwerp het. “Dis mooi om na te kyk, funksionee­l en bied ’n kuierplek buite.” Die interessan­te vloerbedde­king bestaan uit natuurlike kwartsietk­lip met tapytmadel­iefie (Dymondia margaretae), ’n aantreklik­e inheemse silwergrys grondbedek­ker met geel blommetjie­s in die somer, tussenin geplant. “Dit werk regtig fantasties tussen klippe,” sê sy.

Yvonne moes noodgedwon­ge rondom die 10 000-liter-watertenk werk wat die huiswater asook besproeiin­gswater huisves .“Al wat ek aan die tenk verander het, was om die golfstaal donkergrys te verf om aan te sluit by die staalbalke teen die huis en in die tuin. Sodoende lyk dit of dit deel vorm van die tuinontwer­p en skep dit selfs ’n fokuspunt.”

Staalwerk en water

Moderne staalbalke is dalk nie almal se idee van fokuspunte in ’n tuin nie, maar hier word dit slim ingespan om die huis met die tuin te verbind, aangesien dit reeds deel van die huis se ontwerp is. By die boma sal sterjasmyn mettertyd daarteen oprank om dit te versag.

Benewens die staalbalke het Yvonne ook verskeie staalskerm­s ontwerp wat as fokuspunte teen die huis se buitemure en by die reuse-waterfokus­punt in die tuin aangebring is.

“Die groot waterfokus­punt trek dadelik die aandag en die water sorg vir klank en beweging,” vertel Yvonne. “Hier was skaal baie belangrik omdat dit so ’n groot ruimte is en ook sodat die klank van die water nie wegraak nie. Groter was dus beter.”

Ook by die voordeur is staalskerm­s met strookligt­e agter ’n kleiner waterfokus­punt aangebring. “Die idee is dat die patrone saans soos skilderye teen die mure uitstaan,” verduideli­k Yvonne.

Uiteindeli­k het die projek ses maande geduur om te voltooi – in Oktober sal die tuin maar 18 maande oud wees.

Die De Beers is duidelik in hulle skik met die resultaat. “Ek geniet dit so om ná ’n rowwe dag huis toe te kom en ’n skemerkelk­ie op my stoep te geniet terwyl ek oor die asemrowend­e tuin staar,” vertel Henriëtte. “Die stilte en klank van die water maak ’n mens net só rustig. Ek geniet natuurlik ook die verskillen­de soorte voëls wat nou volop hier is.”

 ??  ?? Plectranth­us ‘Mona Lavender’ verskaf kleur onder die Dicksonia antarctica-boomvaring
Plectranth­us ‘Mona Lavender’ verskaf kleur onder die Dicksonia antarctica-boomvaring
 ??  ?? WIE WOON HIER? Johan en Henriëtte de Beer en hul kinders, Ruve, Divan en AnjolizeWA­AR Bankenveld­gholflandg­oed, eMalahleni (voorheen Witbank)GROOTTE 1 100 m²
WIE WOON HIER? Johan en Henriëtte de Beer en hul kinders, Ruve, Divan en AnjolizeWA­AR Bankenveld­gholflandg­oed, eMalahleni (voorheen Witbank)GROOTTE 1 100 m²
 ??  ?? Blokke grootnoem-noem (Carissa macrocarpa) word omraam deur heininkies van Viburnum sinensis en Abelia ‘Francis Mason’, met ’n vormgesnoe­ide Ligustrum ovalifoliu­m ‘Aureum’ in die middel. In die agtergrond troon ’n doppruim (Pappea capensis) uit bo ’n blok wildeknoff­el (Tulbaghia violacea).
Blokke grootnoem-noem (Carissa macrocarpa) word omraam deur heininkies van Viburnum sinensis en Abelia ‘Francis Mason’, met ’n vormgesnoe­ide Ligustrum ovalifoliu­m ‘Aureum’ in die middel. In die agtergrond troon ’n doppruim (Pappea capensis) uit bo ’n blok wildeknoff­el (Tulbaghia violacea).
 ??  ?? Vormgesnoe­ide Buxus ‘Faulkner’ Syzygium paniculatu­m met Liriope muscari ‘Evergreen Giant’, begonias en petunias by hul voete.
Vormgesnoe­ide Buxus ‘Faulkner’ Syzygium paniculatu­m met Liriope muscari ‘Evergreen Giant’, begonias en petunias by hul voete.
 ??  ?? “Dié fokuspunte kry saans lewe omdat daar LUDstrookl­igte aan die binnekante is wat die patrone verlig in die donker,” sê Yvonne.
“Dié fokuspunte kry saans lewe omdat daar LUDstrookl­igte aan die binnekante is wat die patrone verlig in die donker,” sê Yvonne.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa