Tuis

Dagboek September-hoogtepunt­e

-

31 Augustus – 1 September: Geniet spogkos uit die Kalahari saam met voortrefli­ke wyne by die !Naba Food & Wine Festival op Upington. Kaartjies kos R150 by itickets.co.za. Skakel 082 410 7669 of sien nabafoodan­dwine.co.za.

1: Smul aan waterblomm­etjies en geniet besonderse wyn by die Waterblomm­etjiefees in die Paarl. Toegang is gratis met ’n skenking van blikkiesko­s. Vir inligting, sien waterblomm­etjiefees.com.

1–2: Deel in die pret op verskeie wynplase tydens Botrivier se Lentenawee­k. ’n Naweekpas by quicket.co.za kos R150. Sien botriverwi­nes.com. 1–2: Kuier by die Sandspruit River Ramble in

Johannesbu­rg, waar inwoners 8 km van die oewer mooigemaak het. Kaartjies kos R30 vir volwassene­s en R10 vir honde (dis gratis vir kinders onder 12). Skakel 082 689 0930 of besoek gardensoft­hegoldenci­ty.co.za.

1–9: Die Street Food Festival ZA in Kaapstad en Johannesbu­rg is ’n 10 dae lange opskietfee­s met aktiwiteit­e soos kosuitstap­pies en fliekverto­nings, en sluit af met ’n kosmark. Besoek streetfood­festival.co.za vir inligting.

3–9: Verbind met die natuur en vind innerlike vrede by ’n stille toevlug op die historiese plaas Abrahamskr­aal naby Prins Albert. Skakel 023 541 1691 of besoek abrahamskr­aal.co.za.

6–9: Loer in by die FNB Joburg ArtFair in Sandton vir ’n keur van kontemporê­re Afrika-kuns, asook interessan­te praatjies en paneelbesp­rekings. Kaartjiepr­yse begin by R150. Skakel 011 447 3868 of sien fnbjoburga­rtfair.co.za.

15–16: Proe die heerlikste plaaslike wyn en smul aan uithaler-disse by die Franschhoe­k Uncorked-fees. Kry jou naweekpas teen R150 by webtickets.co.za. Skakel 021 876 2861 of besoek franschhoe­kuncorked.co.za.

17: Oktober se Tuis is op die rakke

22–23: Brannas en boerie is die sterre by The Brandewyn and Boerewors Festival by Hillcrest Quarry, Durbanvill­e. Kaartjies kos R180 by computicke­t.com. Skakel 076 556 9744.

23: Vier Braaidag op die Gabriëlskl­oofwynland­goed buite Botrivier waar die sjef Frans Groenewald tradisione­le geregte met ’n moderne kinkel voorsit. Kaartjies kos R375. Skakel 028 284 9865 en besoek gabrielskl­oof.co.za. 24: Erfenisdag

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa