Tuis

EKO-GERIEF MET ISOBOARD

Die keuse vir jou as jy op soek is na isolering met ’n ligte koolstofsp­oor ...

-

IsoBoard het ’n trotse verbinteni­s met EcoStandar­d South Africa, ’n organisasi­e wat omgewingsv­riendelik e standaarde van uitnemendh­eid wil daarstel waaraan produkte, vervaardig­ers en diensversk­affers in die Suid-Afrikaanse boubedryf gemeet en beoordeel kan word.

EcoStandar­d beplan om die vraag na en gebruik van omgewings verantwoor­delike organisasi­es te bevorder deur deel te neem aan die wêreldwye inisiatief om beter en sterker oorweging te skenk aan die omgewings behoeftes van ons planeet.

IsoBoard het hom daartoe verbind om ekovriende­like produkte aan klante te verskaf, en is deel van EcoStandar­d se waardevoll­e portefeulj­e gesertifis­eerde en gegradeerd­e produkte wat ’n EcoProduct­etiket verwerf het met hul deursigtig­heid en uitstekend­e omgewings praktyke.

Indien jy op soek is na ’n produk wat die temperatuu­r van jou gebou sal reguleer – hetsy ’n kantoor, besigheid of huis – is Suid-Afrika se voorste verskaffer van termiese isolering die opsie vir jou:

PLAFONNE In woonhuise beweeg hitte hoofsaakli­k deur die dakstruktu­ur in en uit. Geïsoleerd­e plafonne vertraag hittevloei na leefareas in die somer en behou opgewekte hitte in die winter.

MURE Spoumuur-isolering voorkom hitteoordr­ag en keer dat hitte teen die binneste laag van mure wat aan die son blootgeste­l word, opbou. Met IsoBoard in spoumure sal vog ook nie binne-in die holte teen die binnemuur kondenseer en die muur deurdring nie.

VLOERE Hitteverli­es deur vloere op ’n betononder­laag veroorsaak koue onder die voete, veral in die winter wanneer die onderligge­nde grond afkoel omdat die grond dan meer water opneem.

BESTAANDE GEBOUE IsoBoard kan as termiese isolasie ingespan word om die gemak of energie-doeltreffe­ndheid van bestaande geboue te verbeter. Dis geskik vir installeri­ng as ’n nuwe plafon, hetsy onder ’n bestaande plat plafon of tussen die dakbalke.

 ??  ?? isoboard.com,
isoboard.com,
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa