Tuis

Ekovriende­like interieur

-

Die huis het een hoofslaapk­amer op die boonste vlak en ’n gastekamer onder wat hulle tans deur Airbnb verhuur.

“Die gastekamer is regtig besonders! Die deure skuif aan die voorkant en langs die kante oop en laat dit voel asof jy buite slaap,” vertel Fiona. “Ons gaste is versot daarop en ons kry wonderlike terugvoer.”

Die vloere bo is van laaghout, wat ekovriende­liker as soliede hout is; Hollywood Décor het dit gebeits.

Die hoofslaapk­amer se bed en kaste is van gerigteves­elbord, terwyl ’n verfrissen­de buitestort by die ontwerp ingesluit is. “Ons hou van buite wees; die stort het ’n plafon en kan dus later met glas toegemaak word, sou dit nodig word,” sê sy. “Ons stort winter en somer hier. Boonop laat die skuifdeure wat uit die slaapkamer op die dek oopmaak, die ruimte ook ietwat groter voel.”

Wanneer hulle terugkyk op die projek, is John en Fiona in hul noppies oor wat hulle op hul begroting reggekry het. “Ja, ons sou kon doen met spoggerige­r afwerkings, ’n ekstra slaapkamer en groter dekke, maar dit voel nie asof ons enigiets kort nie. As daar geld is, kan ons later ’n studeerkam­er of gastekamer aanbou,” sê Fiona. Gelukkig is die staalstruk­tuur in ’n modulêre formaat ontwerp sodat nog modules eenvoudig aangelas kan word.

Nou sien die Whitfields daarna uit om hul inheemse tuin onder hande te neem en ’n stelsel te installeer wat reënwater oes en bewaar. “Vir eers geniet ons net die inwonende singvalk, die ander voëls en die skoenlappe­rs; hier is selfs ’n likkewaan wat af en toe inloer. Wat meer kan ’n mens vra?” wil Fiona weet.

KONTAKTE EN VERSKAFFER­S Cole & Son cole-and-son.com DMV Architectu­re 041 581 1590, dmvarchite­cture.co.za Hollywood Décor 083 320 5978 Paintsmith­s 021 447 0217, paintsmith­s.co.za Solid Goods 082 804 0111 Unique Lighting 041 363 5007, uniqueligh­ting.co.za Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za

Om so tussen die boomtoppe en die voëls wakker te word met ’n lieflike sonsopkoms is asemrowend! – Fiona

 ??  ?? Die buitestort loop naatloos uit die hoofslaapk­amer en word heeljaar gebruik, ongeag die weer.
Die buitestort loop naatloos uit die hoofslaapk­amer en word heeljaar gebruik, ongeag die weer.
 ??  ?? Die baksteenmu­ur in die gastekamer onder is ook ’n keermuur. Die vloer is van balau, aangesien dié deel oorspronkl­ik as buitekuier­plek ontwerp is.
Die baksteenmu­ur in die gastekamer onder is ook ’n keermuur. Die vloer is van balau, aangesien dié deel oorspronkl­ik as buitekuier­plek ontwerp is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa