Tuis

Groen planne

-

Rudi het ekstra hande op Botrivier gehuur en begin deur eers penne in die grond in te slaan. Hy het ’n band daarom gespan en teruggesta­an om te sien hoe dit gaan lyk. Toe hulle ná ’n paar aanpassing­s tevrede was met die afmetings, het die grondversk­uiwing begin en is fondasies gegrawe en gegiet. Daarna is die eerste balke geplant om struktuur aan die huis te gee. Nadat die mure gebou is, het Rudi en sy span die wit sementvloe­re vir die onderste vlak gegooi.

Die kinders se kamermure op die boonste vlak is van dennehoutb­alke, wat beter isolasie verskaf. Dit lyk boonop natuurlik, pas perfek by die omgewing en verskaf ekstra tekstuur. Rudi behandel die dennehout met boorsout teen kewers en verrotting, wat ’n groener metode is as die chemikalie­ë wat tradisione­el gebruik word.

So het die droomhuis stuk vir stuk teen die skuinste verrys, en ’n paar maande later kon hulle intrek.

Is daar iets wat hulle anders sou aanpak, noudat hulle al vier jaar hier woon? “Ja, die vloer van die boonste verdieping is van hout, wat kraak as jy daarop loop,” sê Karen. “Ons moes miskien liewer beton gebruik het. En omdat die hele onderste vlak een oop ruimte is, is daar geen plek waar die kinders op hul eie kan speel en kuier nie. Wanneer hulle ouer word, gaan dit seker ’n probleem wees.”

Die balke wat die struktuur van die huis vorm, is ’n kombinasie van Australies­e swarthout, bloekom en dennehout.

Rudi sê hulle het oor die jare al baie indringers op die plaas uitgekap sodat die natuurlike veld en fynbos kon herstel. Die swarthout, ’n indringer wat veral rivierlope en fynbos oorneem, kom nie van die plaas self nie, maar die bloekoms is op hul grond uitgekap.

Ook die klip wat vir die mure gebruik is, kom van die plaas; hulle wou nie boumateria­al van elders aanry en daarmee ’n reuse-koolstofsp­oor laat nie.

Rudi en Karen leef so vriendelik moontlik teenoor die natuur. Hulle herwin, en gebruik hout en gas pleks van elektrisit­eit. “Ons was ons wasgoed met reënwater en ons huis front noord met groot glasvenste­rs om in die winter baie son in te laat. Sodoende maak ons minder gebruik van verwarmers om hitte te verskaf.

“Ons het ook die kaggel met openinge aan weerskante gebou en groot vlekvryest­aal-skoorsteen­pype gekies vir beter verspreidi­ng van hitte. Op dié manier word die kamers op die boonste verdieping ook verhit deur die kaggel op die onderste vloer,” verduideli­k Karen.

Rudi sê die hortjies bo die glasruite is teen 33 grade geïnstalle­er sodat die son in die winter daardeur skyn, maar in die somer geblokkeer word. Boonop hang die dak ver genoeg oor dat die son nie in die somermaand­e die huis warm bak nie. Hulle het ook bladwissel­ende bome aan die westekant van die huis geplant wat in die somer die son afkeer, maar in die winter deurlaat. >>

Ons het gedroom van ’n huis met baie lig en ooptes. Ons bly immers hier in die natuur en ons wou dit deel van die huis maak. – Karen

Die hoofslaapk­amer en sy badkamer het ’n oopplanont­werp en bied onbelemmer­de uitsigte oor die fynbos rondom en die vallei onder die huis. Soos in die res van die huis is die verfkleure hier aards en in pas met die natuur.

VERSKAFFER­S Anza Curtains 083 850 8957 Coirtex 021 762 2227, coirtex.co.za Hertex 0860 437 839, hertex.co.za Hoi P’loy 021 447 1433, hoiploy.com Midas 086 036 7463, midas.co.za Oriental Carpet Gallery 021 851 0845, orientalca­rpetgaller­y.co.za Original Stone Projects 021 510 6392, originalst­one.co.za Tirmah Interiors 021 418 4841, tirmahinte­riors.com

 ??  ?? Dié buitehoeki­e voor die gastekamer is ideaal vir koffieen beskuit vroegoggen­d.
Dié buitehoeki­e voor die gastekamer is ideaal vir koffieen beskuit vroegoggen­d.
 ??  ?? In die kombuis is gerieflike hangplek vir die huismense se jasse, tasse, hoede en baadjies aangebring.
In die kombuis is gerieflike hangplek vir die huismense se jasse, tasse, hoede en baadjies aangebring.
 ??  ?? Dark Side van Midas Earthcote
Dark Side van Midas Earthcote
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa