Tuis

Slaaplesse met die Granny Goose-Stigter.

-

Navorsing toon dat ’n goeie nagrus jou fisiese en verstandel­ike gesondheid verbeter. Dus, wanneer dit kom by beddegoed aanskaf, is dit die beste om in hoëgehalte-, gemaklike en duursame produkte te belê. Ons gesels met Gaynor Walkey, stigter van Granny Goose – die voorlopers in gehalte-dons-, veer- en katoenprod­ukte vir meer as 25 jaar – oor hoekom beter beddegoed vir jou ’n beter nagrus verseker.

Hoekom moet ek in natuurlike­vulkussing­s en -duvets belê en nie net ’n sintetiese alternatie­f kies nie?

Daar is ’n verskeiden­heid redes: • Dit is warmer en ligter as sintetiese vulsel • Dit is meer pofferig, behou lug beter en waar sintetiese vesel geneig is om met tyd saam te klomp, bly dons eweredig versprei • Dit hou doodeenvou­dig langer

Wat as ek allergies is vir dons?

Om die waarheid te sê – regte donsallerg­ieë is nie baie algemeen nie (alhoewel dit kan voorkom). Die meeste allergiese reaksies op dons is eintlik ’n reaksie op stof en stofmyte. Alle Granny Goose-produkte met natuurlike vulsels word egter drie keer ontstof as deel van ons streng skoonmaakp­roses. Dit, met die styfgeweef­de, donsdigte katoenmate­riaal, verhoed dat die stofmyte die omhulsel binnedring.

Waar kry julle die vere vandaan?

Ons dons en vere is ’n 100% hernubare bron – dit is alles ’n byproduk van eende en ganse wat kommersiee­l geteel is vir die kosbedryf. Geen wilde voëls word benadeel gedurende die maak van hierdie produkte nie.

Ek hoor van die term “tog-value”. Wat beteken dit?

Die “tog-value” dui die verhouding tussen warmte en gewig in ’n duvet aan. Dit is die vermoë van ’n donsduvet om hitte te kan behou terwyl dit steeds uiters lig is. So, hoe hoër die “tog-value”, hoe warmer en ligter sal die duvet wees. In samewerkin­g met SSISA om jou beter te help slaap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa