Tuis

Kyk boontoe

-

Danielle Brown van Bloubergra­nt skryf Ons het onlangs by ’n nuwe huis ingetrek en is besig om die vertrekke op te kikker met verf. Ons binne-kuierarea, asook die sit- en eetkamer, het knoetsdenn­ehoutplafo­nne wat ek graag wit wil verf. Ek verkies ’n afgewitte voorkoms pleks van ’n soliede verflaag; hoe doen ek dit?

Jani AugustynGo­ussard van Paint &

Decor antwoord Jou huis sal soveel ligter voel as jy jou dennehoutp­lafonne wit verf! Indien jy besluit op ’n soliede afwerking, kan jy Annie Sloan-verf in die kleur Pure of Old White gebruik; jy kan dit net so oor die verniste plafon aanwend met min voorbereid­ingswerk. Maak net seker jou plafonne is vry van stof, olie en water – dan kan jy laat waai met die kwaste!

Twee lae behoort genoeg te wees; jy kan dit dan net so los of verseël met Annie Sloan Wax of Lacquer. Aangesien jou plafon (hopelik) nie voetverkee­r gaan hê nie, is dit nie verpligten­d nie.

Vir die afgewitte voorkoms waar die grein van die hout nog sigbaar is, sal jy die hout eers moet stroop of skuur om die vernislaag te verwyder. Omdat die effek verkry word met verdunde verf wat effens in die hout intrek, sal dit nie werk op hout met ’n vernislaag nie.

Stroop jou hout of skuur dit af (maak seker die plafonne is vry van stof, olie en water). Verdun dan ’n wit akrielverf met water (begin met ’n verhouding van 1:5) en verf dit aan die rou hout. Doen een plank op ’n slag, anders kan jy vreemde kwashale oor jou plafon hê. ’n Verseëlaar is nie nodig nie, maar indien jy wil, kan jy ’n mat waterbasis­vernis aanwend vir ekstra beskerming. >>

KONTAK paintdecor­diy.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa