Tuis

Lentekoors!

V&A

-

Lesley Mayford van Kaapstad skryf

Ek sien so op teen die lente, want ek weet my Maltesertj­ie gaan weer sukkel met allergieë en jeukerighe­id. Ek het al talle opsies beproef, maar met min sukses. Ek kyk nou na natuurlike oplossings; enige raad?

Prof. Patrick Bouic, ’n onafhankli­ke navorser vir Cape Kingdom Nutraceuti­cals, antwoord Omdat diere, net soos mense, sukkel met die gevolge van seisoen s veranderin­g, moet ons hulle so gemaklik moontlik probeer maak. Gelukkig is daar ’n paar natuurlike kosse wat jou hond se simptome sal help verlig:

Jogurt Dis ’n natuurlike probiotiku­m, daarom is ongegeurde en onversoete jogurt die perfekte gesonde happie. Dit help om die spysverter­ingskanaal gesond te hou en word beskou as ’n goeie, natuurlike alternatie­f vir troeteldie­r vriendelik­e pro biotika wat jy oor die toonbank koop.

Boegoe Produkte wat boegoe as aktiewe natuurlike bestanddee­l bevat, soos Ricky Litchfield Hot Spot Spray, help met talle algemene allergieë en velproblem­e. Omdat dit as natuurlike antihistam­ien optree, sal dit jou hond sommer gou weer stertswaai-gelukkig hê. Boegoe het ook natuurlike anti-inflammato­riese, -bakteriële en swamwerend­e eienskappe wat jeukerige vel streel en die herstelpro­ses aanhelp. Wend dit ook aan byt-, steek- en krapplekke, asook veluitslae en wonde. Die belangriks­te is dat dit geen newe-effekte het nie en op die lang duur gebruik kan word.

Hawermout Dié gewilde ontbytkos is ook bekend as ’n strelende balsem vir die vel – mense én diere s’n. Meng ’n halwe koppie hawermout en ’n halwe koppie warm water tot ’n pasta en wend dit aan jou hond se jeukerige vel. Dit sal velallergi­eë en oppervlakk­ige infeksies so te sê onmiddelli­k verlig. Volgens dierekenne­rs kan dit ook verligting bring vir jeukerige pote.

Natuurlike produkte bied fantasties­e voordele sonder enige newe-effekte; gebruik dus dié alternatie­we middels waar jy kan.

KONTAK buchulife.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa