Tuis

Homemakers Expo!

Kom beleef opwindende selfdoen-en kookdemons­trasie s in die Tuis-teater by dié opwindende ekspo.

-

Ons is terug by die Cape HOMEMAKERS Expo – en vanjaar haal ons uit en wys! Maak seker jy is vroeg daar sodat jy niks van die pret misloop nie. Soos altyd gaan ons demonstras­ies leersaam, propvol oulike wenke, en natuurlik, vermaak uit die boonste rakke wees. Die beste van als? Die demonstras­ies is gratis – en ons deel geskenke, pryse, asook die lekkerste snoepgoed uit!

SPESIALE AANBIEDING­E

• Teken in op Tuis|Home en kry ’n hele 50% afslag! Onthou – dis ’n eenmalige aanbod wat net by die Cape HOMEMAKERS Expo geld en is net van toepassing op die gedrukte weergawe. • Koop die September-uitgawe teen die weggeprys van R30! • Ons kosredakte­ur, Johané Neilson, gaan haar gunsteling resepte berei uit haar nuwe kookboek, Ta-Da! Koop jou eksemplaar vir net R250 – sy sal dit selfs vir jou teken!

DIE PROGRAM

Koffietyd Die Gap Coffee Company deel hul geheime, wenke en skeppings. Donderdag – Sondag, 10:30 – 11:00 Kookdemons­trasie s Ons kosredakte­ur, Johané Neilson, kook uit haar nuwe resepteboe­k, Ta-Da! Donderdag – Sondag, 12:00 – 13:00 Selfdoen met Deon de Goede

Tuis se DIY Deon neem jou stap vir stap deur die maklike takies, asook meer uitdagende projekte soos ’n gestoffeer­de ottoman op wiele. Donderdag – Saterdag, 14:00 – 15:00 Sondag, 13:30 – 14:30 Krytverf-demonstras­ies Leer by Nadine Vosloo van Tjhoko Paint meer oor die veelsydigh­eid van krytverf en sien self hoe maklik dit is om amper enigiets in ’n spogstuk te omskep. Donderdag – Saterdag, 15:30 – 16:30 Sondag, 15:00 – 16:00 Jenewer-meesterkla­s Proe plaaslik vervaardig­de jenewer saam met Triple Three Gin; ontdek verskeie maniere om dié drankie te geniet. Donderdag – Saterdag, 17:30 – 18:30 Sondag, 16:30 – 17:30

 ??  ?? Deon de Goede Johané Neilson Nadine Vosloo
Deon de Goede Johané Neilson Nadine Vosloo
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa