Tuis

Kappertjie­s

Tropaeolum majus

-

Wie ken nou nie kappertjie­s met hul vrolike oranje en geel blommetjie­s wat ’n oorvloed kleur verskaf nie? Plant ’n paar in jou groentetui­n of ’n massa bymekaar onder bome vir baie trefkrag. Kweek dit so: Druk saadjies in die herfs of die lente in klam, komposryke grond. Die saadjies is so groot soos ’n ertjie, wat dit maklik maak om een-een te saai. Kappertjie­s aard goed in volson, sowel as onder bome in gefiltreer­de sonlig. Hulle hou van klam grond en groei goed in natter dele van die tuin. En as dié outjies eers eenmaal in ’n bedding gegroei het, kom hulle elke jaar weer daar op. Versamel aan die einde van die seisoen die saadjies wat op die grond bly lê, laat dit goed droog word en saai volgende seisoen weer. Daar is dwergvarië­teite wat meer bosserig groei, sowel as rankvariët­eite beskikbaar. Kyk op die saadpakkie watter een jy koop.

As plantluise ’n probleem is, spuit met seepwater of vee dit af met ’n klam doek. Koolruspes kan ook ’n kopseer wees. Vang hulle of breek die blare af waarop die wurms eiers gelê het. As die plant te veel gevreet is, trek dit liewer uit. Kombuisgeb­ruik: Kappertjie­s is pragtig as garnering in enige gereg. Gebruik die helderkleu­rige blommetjie­s en blare heel in ’n slaai of op ’n toebroodji­e. Dis ook lekker saam met die meeste kase, en die blomme maak ’n heerlike pesto. Die saadjies is perfek vir piekel. Ander nut: Kappertjie­s is wonderlik vir die immuunstel­sel. Kou elke dag ’n blaar om jou gesond te hou! Die blomme lok skoenlappe­rs en bestuiwers. Pasmaats: Boontjies, die koolfamili­e, mielies, komkommers en tamaties.

Plantgids

Volson en halfskaduw­ee Redelik rypbestand Gemiddelde waterbehoe­ftes Eenjarig Hoogte 30–40cm

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa