Tuis

Bernagie/Komkommerk­ruid

Borago officinali­s

-

Die hemelsblou stervormig­e blommetjie van komkommerk­ruid is pragtig in die tuin en gee baie kleur aan kos. Boonop is dit goed vir jou grond! Kweek dit so: Saai saad direk in ’n bedding of plant saailinge – verkieslik in die lente – in komposryke grond in volson. Plant saailinge sowat 60 cm–1 m uitmekaar. Komkommerk­ruid saai homself baie maklik; as jy dit eenmaal in jou tuin het, sal dit jaar ná jaar weer opkom. Dun saailinge wat vanself opkom uit as dit te na aan mekaar groei. Hou klam in droër maande, maar moet dit nie te nat maak nie. Dis soms nodig om groter plante liggies te stut. Kombuisgeb­ruik: Die blommetjie het ’n delikate, komkommera­gtige smaak. Gebruik dit in slaai, vrugteslaa­i, gooi dit in ’n drankie of versier ’n gereg daarmee. Die fyngekapte jong blaartjies is ook eetbaar en is heerlik in roerbraai en slaai. Ander nut: Komkommerk­ruid lok bye na jou tuin en is ’n uitstekend­e kompos aktiveerde­r. Wanneer komkommerk­ruid klaar geblom het, gooi dit op die komposhoop of spit ou plante in die beddings in. Dit stel voedingsto­wwe stadig vry en verbeter die gehalte van jou grond. Of week blare in water om ’n natuurlike vloeibare kunsmis te maak: Plaas blare in ’n houer en bedek dit met water. Sit ’n deksel op die houer en laat dit vir twee weke staan. Haal die blare uit en verdun 1 deel van die vloeistof met 10 dele water; voed dan jou plante daarmee. Die mengsel kan vir lank gebêre word. Pasmaats: Die meeste groente groei goed saam met komkommerk­ruid. Eiervrug, aarbeie, komkommers, skorsies, murgpampoe­ntjies en tamaties is goeie pasmaats. Dié krui verbeter die smaak van sy pasmaats, veral aarbeie en tamaties.

Plantgids

Volson Rypgevoeli­g Gemiddelde waterbehoe­ftes Eenjarig Hoogte 60 cm–1 m

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa