Tuis

Bome vir 2018

-

Doen jou deel en maak Suid-Afrika ’n bietjie groener: Boomplantw­eek word elke jaar in die eerste week van September gevier. Bome skep beweging, help besoedelde lug filtreer en verskaf skadu in die somer.

Die algemene Boom van die Jaar vir 2018 is die geelhout (Podocarpus­spp.). Dié immergroen bome, wat in Suid-Afrika beskerm word, groei stadig, het ’n lang leeftyd en is gewild vir hul hout. • Opregte geelhout (P. latifolius), Suid-Afrika se nasionale boom, het ’n regop groeiwyse en blougroen blare. Dis ’n goeie skaduboom vir groot tuine en ook ’n alternatie­f vir ’n Kersboom. •Breërivier geelhout( P. elongatus) het langwerpig­e blougroen blare en kan as ’n struik of aantreklik­e tuinboom gekweek word. Die boom kom oorspronkl­ik uit die winterreën­streek en die vrugte op vroulike bome lok ’n verskeiden­heid voëls. • Henkel-se-geelhout (P. henkelii) kom in die meeste binnelands­e klam woude voor en het lang, hangende groen tot blougroen blare. Dié sierboom is geskik vir tuine en parke. •Ou te niek wa geelhout( P. falcatus) is ’n hooggroeie­nde immergroen boom met blougroen blare wat later donkergroe­n verkleur. Die ryp vrugte lok vlermuise en voëls wat vrugte vreet.

Die skaars Boom van die Jaar is die witgat (Boscia albitrunca), ’n klein tot mediumgroo­t boom met ligkleurig­e bas en trosse leeragtige blare. Dit kom in die droër gebiede van Suid-Afrika voor, wat dit ’n goeie droogtebes­tande skaduboom maak. Dit word dikwels die “boom van die lewe” genoem omdat dit ’n voedselbro­n vir soogdiere, voëls en skoenlappe­rs is. >>

 ??  ?? Espalier van Henkel-se-geelhout
Espalier van Henkel-se-geelhout

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa