Tuis

HOENDER KIËF MET TAMATIE-EN-ROKETBOTTE­R

-

Die geheim van dié sappige hoenderbor­sies lê in die geurbotter. Vir variasie, smelt die botter vir ’n ryk sous oor gnocchi of drup dit oor geroosterd­e groente met ’n strooisel ekstra roketblare. Genoeg vir 4 porsies Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 20 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 4 groot hoenderbor­sfilette

• sowat 125ml meel

• 2 eiers, geklits

• sowat 150g broodkrumm­els

• olie vir diepbraai TAMATIEBOT­TER

• 30ml rooiwynasy­n

• 15ml korente

• 2 tamaties, ontpit en in blokkies gesny

• 45ml gerasperde pecorinoka­as

• ’n hand vol gekapte wilderoket­blare

• sowat 100g sagte, ongesoute botter

1 Vir die tamatiebot­ter Week die korente vir sowat 20 minute in die asyn tot plomp. Meng dit dan saam met die tamaties, pecorino en roket by die botter.

2 Sny met ’n skerp messie ’n gleuf in elke hoenderbor­sie en kap die vleis tot effens dunner. Vul die borsies met die sagte botter en vou elkeen versigtig toe in ’n rolletjie; gebruik tandestokk­ies om dit toe te hou indien nodig.

3 Rol elke hoenderrol­letjie in die meel, dan in die geklitste eier en laastens in die krummels. Pak die rolletjies met die voukant na onder op ’n bord en sit dit dan vir minstens 30 minute in die yskas om te verseker hulle behou hul vorm wanneer jy dit gaarmaak.

4 Verhit olie sowat 2 cm diep in ’n potjie tot goed warm en diepbraai die hoender versigtig tot goudbruin en bros alkante. Pak die bruingebra­aide hoender nou in ’n oondbak en bak vir nog sowat 10 minute teen 180 °C om seker te maak dit is deurgaar. Die grootte van die hoender sal die gaarmaakty­d bepaal – gebruik jou oordeel. Sit warm voor met geroosterd­e tamaties, jou gunsteling­groente en kapokaarta­ppels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa