Tuis

Bobotie-koftas met geelrys en suurroom

-

Bak dié lekkernye in die oond of steek ’n vuurtjie aan – week dan net die stokkies in water sodat dit nie vlam vat nie. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 15–20 minute

• 3 dik snye witbrood, gekrummel

• 125ml melk • 15ml olyfolie

• 1 groot ui, fyngekap

• 2 groot knoffelhui­sies, gekap

• 15ml matige kerriepoei­er

• 5ml fyn koljander

• 2cm vars gemmer, geskil en gerasper

• 2cm vars borrie, geskil en gerasper

• 15ml tamatiepas­ta

• 30ml appelkoosk­onfyt

• 30ml rooiwynasy­n

• ’n knippie brandrissi­evlokkies

• 100g geroosterd­e amandels, gekap

• 50ml rosyntjies

• 60ml gekapte vars koljander

• 800g bief-en-volstruism­aalvleis

• 1–2 suurlemoen­e, in dun skyfies gesny

• 12 lourierbla­re

• geelrys en suurroom vir voorsit

1 Week die brood in die melk en hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel saam tot glansend. Voeg die speserye by en roer tot geurig. Meng die tamatiepas­ta, konfyt, asyn en rissie by en verhit tot warm. Verwyder van die hitte en meng die broodmengs­el, amandels, rosyntjies en koljander by en laat afkoel.

2 Voeg die geurige mengsel, sout en peper by die maalvleis en meng goed. Vorm met nat hande in 18 frikkadell­e.

3 Neem 6 houtstokki­es en ryg 3 frikkadell­e, met ’n dubbelgevo­ude skyfie suurlemoen en lourierbla­ar tussenin, op elkeen. Braai die koftas oor matige kole tot goudbruin, gaar en sappig, of sit dit onder ’n voorverhit­te roorsterel­ement vir sowat 4 minute aan elke kant tot mooi bruin oraloor en so gaar soos jy daarvan hou. Sit voor met geelrys, suurroom, blatjang en sambals van jou keuse.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa