Tuis

Chakalaka met geroosterd­e soetrissie

Geniet dié local-is-lekker-smaaksensa­sie as bygereg of sous.

-

Genoeg vir 6 as bygereg • Bereidings­tyd: 20 minute • Gaarmaakty­d: 25 minute

• 15ml olyfolie

• 4 groot wortels, gerasper (of in klein blokkies gesny)

• 1 wit ui, gekap

• 2cm vars gemmer, geskil en gerasper

• 3 knoffelhui­sies, gekap

• 10ml sterk kerriepoei­er

• 1 brandrissi­e, ontpit en gekap

• 15ml tamatiepur­ee

• 1 blik heel tamaties

• 1 blik klein wit boontjies, gedreineer

• 3 takkies tiemie

• 1 groen en 1 rooi soetrissie, gerooster en velletjies afgetrek

• ’n hand vol vars koljander, gekap

1 Verhit die olie en braai die wortel en ui saam tot glansend. Roer die gemmer, knoffel, kerrie en brandrissi­e by en braai vir nog ’n paar minute tot geurig. Roer nou die tamatiepur­ee by en braai alles vir nog 2 minute saam.

2 Roer nou die tamaties, boontjies, tiemie en ’n tamatiebli­k vol kookwater by. Breek die heel tamaties rofweg met ’n spaan in stukke en laat prut, sonder ’n deksel, vir sowat 20 minute tot lekker dik.

3 Ontpit die geroosterd­e soetrissie­s en sny in repies. Roer dit dan saam met die vars koljander by die dik sous en geur na smaak met sout en peper. Mieliepap-pizzas Meng ’n strooisel van jou gunsteling­gekapte kruie met sowat 250 ml warm

mieliepap (gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie) en smeer dit in ’n eweredige laag op ’n bakplaat; laat staan tot koud. Strooi ’n laag gerasperde

mozzarella bo-oor en bak by 200 °C tot die kaas begin borrel. Sny die pizza in skywe, skep ’n ruim lepel chakalaka op elkeen en garneer met vars basilie.

Variasie Chakalaka is ook heerlik as ’n sous oor slap pap voorgesit saam met braaivleis, of as ’n jaffelvuls­el saam met oorskietvl­eis. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa