Tuis

Broodvlegs­els met mielies, spek en roosmaryn

-

Ek is mal oor die ritueel van deeg knie, vorm en bak. As jy nie daarvoor lus het nie, mag jy maar kortpad kies en winkelbroo­ddeeg as basis gebruik. Genoeg vir 4 vlegsels Bereidings­tyd: 35 minute plus rystyd Gaarmaakty­d: 20–30 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 1 mielie, gerooster

• 200g spek, brosgebraa­i • ’n knippie rooipeper

• ’n takkie roosmaryn, gekap

• 750g (4 x 250ml) meel

• 10g kitsgis

• sowat 5ml grofgemaal­de sout • sowat 400ml louwarm water

• 45ml olyfolie

• 30ml heuning

1 Sny die mieliepitt­e van die stronk af en meng dit met die spek, rooipeper en roosmaryn. Meng die meel, gis en sout in ’n mengbak; maak ’n holte in die middel met jou hand. Roer die water, olyfolie en heuning deur die helfte van die mielie-speken-kruiemengs­el en giet dit in die holte. Meng die meel nou stadig, bietjie vir bietjie, met ’n sirkelbewe­ging van buite na binne by totdat die deeg te styf is om verder te roer. Keer dit uit op ’n skoon werkopperv­lak en knie tot glad. Sit die deeg in ’n skoon mengbak wat met ’n bietjie olyfolie gesmeer is en bedek met ’n vadoek of kleefplast­iek; laat staan op ’n warm plek om te rys tot dubbel die volume (sowat 1 uur).

2 Knie die deeg af en verdeel in vier gelyke dele; werk dan met een stuk deeg op ’n slag. Druk die deeg in ’n langerige, plat reghoek en sny met ’n skerp mes in drie linte sonder om deur die bo-rand te sny. Strooi ’n kwart van die oorblywend­e mieliespek-en-kruiemengs­el oor en vleg die drie deeglinte. Druk die punte bymekaar en vou onder die vlegsel in. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en herhaal met die res van die deeg. Bedek weer en laat rys tot dubbel die volume. Voorverhit intussen die oond.

3 Verf die vlegsels met ’n bietjie melk en bak vir sowat 20–30 minute of tot goudbruin en gaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa