Tuis

Sjokolader­oomys horinkies

-

As jou eerste vouslag nie werk nie, eet die skerwe en probeer weer. Die horinkies hou tot drie dae in ’n lugdigte houer.

Maak sowat 10 horinkies Bereidings­tyd: 20 minute, plus 1 uur rustyd Baktyd: sowat 5 minute per bakplaat Oondtemper­atuur: 180°C

• 70g (125ml) meel

• 15ml kakao

• 100g (190ml) versiersui­ker

• knippie sout

• 3 ekstragroo­t eierwitte, geklits

• 100g botter, gesmelt en afgekoel

• sowat 60ml gesmelte donkersjok­olade

• strooivers­iersel 3 Smeer die beslag

Voorverhit die oond. Sit die stensil op ’n vel bakpapier neer en smeer met ’n paletmessi­e ’n eweredige laag beslag oor die uitgesnyde opening. Lig die stensil versigtig op en maak nog ’n sirkel langsaan op dieselfde vel bakpapier. Sit die papier met die beslagsirk­els versigtig op ’n bakplaat. Herhaal met al die beslag.

Wenk Dis raadsaam om net twee sirkels op ’n slag te bak.

1 Vir die beslag

Sif die droë bestanddel­e saam in ’n mengbak en klits die eierwitte geleidelik by tot glad. Klits dan die botter in ’n straaltjie by. Bedek die beslag en sit dit vir 1 uur in die yskas om te verdik voor gebruik; dit sal dan makliker smeer.

4 Vorm die horinkies

Bak elke bakplaat vir sowat 5 minute tot die sirkels ligbruin van kleur is – gee die bakplaat halfpad deur die baktyd ’n 180 °-draai en hou maar dop, want oonde verskil en die dun beslag brand vinnig. Werk vinnig sodra dit uit die oond kom: Lig die eerste deegsirkel met ’n paletmes van die papier en draai dit dadelik om die foeliekege­l in die vorm van ’n horinkie; dra handskoene as jou vingers brand. Herhaal met die tweede sirkel.

Wenk As die tweede koekie reeds te hard geword het om te vou, sit dit weer vir ’n minuut in die oond om te versag.

2 Maak ’n stensil

Knip die rand van ’n 2-liter-roomysbak se deksel af en trek ’n 14 cm-sirkel daarop met behulp van ’n poedingbak­kie. Sny die sirkel uit met ’n skêr of nutsmes. Maak ook ’n kegelvorm of twee uit foelie om die horinkies te help vorm.

5 Rond af

Laat al die horinkies heeltemal afkoel. Om te verseker die punte is dig toe, doop dit in gesmelte donkersjok­olade en dan in strooivers­iersel. Dit lyk mooi en steek enige vou-foute weg. Wenk ’n Klein malvalekke­r of ’n Whisper onderin die punt sal ook keer dat die roomys daar uitdrup.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa