Tuis

Sy het op Calvinia in die Karoo grootgewor­d, hy is van Stellenbos­ch in die Wynland.

-

Soos die noodlot dit wou hê, het Suzette op Stellenbos­ch gaan studeer, waar sy en Malan by dieselfde restaurant gewerk het. Hulle het gou vriende geword en uiteindeli­k verlief geraak.

Toe die tyd kom om hul droomhuis te bou, was die gewilde Bolandse dorp ’n natuurlike keuse vir die Botese. Hulle het besluit op Jamestown, net buite Stellenbos­ch. “Daar heers so ’n lieflike gemeenskap­sgevoel in dié buurt – dis ’n deel van die dorp wat nou vinnig gewild word!” sê hulle. “Dis wonderlik hier en ons wil nêrens anders woon nie.”

Die paartjie het hul 419 m2-erf in 2012 gekoop en ’n eenvoudige, kompakte huis ontwerp. “Ons wou ’n ruimte hê waar ons elke hoekie kan benut en ons omring met al die mooigoed wat ons oor die jare bymekaarge­maak het. Prakties en mooi was ons doelwit,” sê Suzette.

Hulle het besluit op net een badkamer en twee klein slaapkamer­s sodat daar meer ruimte is vir die tuin, leefareas en stoep. “Kamers is immers net vir slaap; dit hoef nie groot te wees nie. Ons wou ’n huis rondom ’n knus, kleurvolle, opgewekte leefruimte skep,” verduideli­k sy.

Eers is die huis se dop gebou met hoë plafonne, ongepleist­erde wit mure, afgevlakte sementvloe­re en groot vensters en deure. Daarna kon Suzette en Malan fokus op hul gunsteling-stokperdji­e: binneversi­ering.

Hulle het heelwat erfgoed in ’n opbergplek gehad en terwyl die bouprojek onderweg was, het hulle begin rondsoek na mooigoed teen ’n billike prys. “Ons hou van ’n winskoop en om iets uit niks te maak,” sê hulle.

En dit is duidelik sigbaar in dié huis met sy eklektiese mengsel van ougoed, tweedehand­se artikels en erfstukke – alles dinge wat vir hulle betekenis inhou, interessan­t en mooi is. >>

Gemaklik en kleurvol

Wanneer dit by binneversi­ering kom, is Suzette se grootste inspirasie haar oorlede ma, Christa. “Sy het besonderse styl gehad en met haar dood het ek die mooiste en kosbaarste oudhede geërf; dis nou my hartsgoed. Dis simbolies van die pragtige, liefdevoll­e ma wat sy was, maar herinner my ook heeltyd daaraan dat ek vandag is wie ek is danksy haar,” sê sy.

Suzette, ’n kantoorbes­tuurder en deeltydse kos-en-leefstylfo­tograaf, hou daarvan om haar kosbaarhed­e uit te stal deur “in prentjies” te versier. “Ek probeer my indink hoe ’n foto van die ruimte sou lyk; ek dink aan kleur, tekstuur en diepte, dan sit ek als daarvolgen­s bymekaar,” verduideli­k sy.

“Mooimaak is iets wat ek regtig geniet; ek skuif gedurig die meubels rond, sit nuwe items by of verf ander. Daar is altyd iets nuuts op my wenslys, en ek en Malan snuffel graag rond by vlooimarkt­e of soek winskopies aanlyn.”

Saam met hul kosbare erfgoed gebruik die twee graag tweedehand­se artikels wat ’n storie vertel – of hulle nou die storie agter die storie ken al dan nie. “Ek het nog altyd versier met items wat spesiaal is; dis nie net nuut gekoop by ’n winkel nie. En oor die jare het ons ook al hoe dapperder geword met kleur – dis ’n wonderlike manier om ruimtes in jou huis met mekaar te verbind.”

Volgende op die paartjie se wenslys is ’n tweede verdieping sodat hulle die asemrowend­e uitsigte van die omringende berge beter kan geniet.

Suzette se dekorwenke

• Ek verkies soliede kleure pleks van patrone – soos die mosterdgee­l stoele in die sitkamer (sien bladsy 51). Toe ek dit aanlyn gekoop het, het dit geblomde stoffering gehad. Om dit op te kikker gebruik ek byderwetse bykomstigh­ede soos dekens of strooikuss­ings. • Moenie bang wees om goed waarvan jy hou, te red nie. Ons het die grys kas in ons leefarea (bladsy 51) in ’n ketelkamer by my vorige werk gekry. Dit het in ’n poel water gestaan en was nogal lelik beskadig. Ons het dit gerestoure­er, en al hou ek nie regtig van geverfde hout nie, het ons besluit om dit ’n laag grys verf te gee sodat dit ’n bietjie kontras kan skep met die ongeverfde hout in die ruimte. Nou is dit een van ons gunsteling-meubelstuk­ke. • Wees geduldig. Dit het nogal ’n ruk gevat, maar mettertyd het ons al 12 van ons stoep- en eetkamerst­oele aanlyn gekry – op verskillen­de plekke en teen goeie pryse! • Oop rakke is ’n goeie idee vir ’n klein ruimte. Ek het heelwat mooi gebruiksgo­ed op die onderste rakke en balanseer dit met uitstalgoe­d op die boonste rakke. • Hou altyd ’n oog oop en moenie huiwer om vrae te vra nie! Ons wou graag ligte in die industriël­e styl vir die kombuis hê, maar het niks gekoop nie, want dit kan taamlik duur wees. Op ’n dag, toe die bouery nog aan die gang was, het ek verby ’n winkel gestap wat gesloop word. Dis daar dat ek die hanglampe gekry het wat nou oor ons kombuiseil­and hang. Hulle het gesê dis op pad ashoop toe – en vir ’n skamele R50 was dit myne! • Gee dit betekenis. Ek dink ’n huis met sentimente­le elemente is ’n gelukkiger huis. Ek het byvoorbeel­d die rottangsto­ele op ons stoep

(bladsy 54) by my ma geërf. Sy wou dit nog altyd wit geverf het, maar het nooit daarby uitgekom nie, toe verf ons dit onlangs wit. Die stoele laat my altyd aan haar dink. • Waag ’n kans! Daar is ’n man by die Milnerton-vlooimark wat die mooiste beeldjies uit dryfhout maak. Ek wou weet of hy iets groots soos ’n eetkamerta­fel kan maak; toe hy ja sê, het ek vir hom ’n skets gegee en nou het ons die wonderliks­te 12-sitplektaf­el op ons stoep! >>

 ?? Oondskotte­l van Le Creuset ?? Glasflesse op oop rakke hou droë voorraad byderhand en verskaf ’n huislike gevoel.
Oondskotte­l van Le Creuset Glasflesse op oop rakke hou droë voorraad byderhand en verskaf ’n huislike gevoel.
 ??  ?? Stoeltjies en mandjie van MRP Home; die hanglampe kom van ’n sloopwerf
Stoeltjies en mandjie van MRP Home; die hanglampe kom van ’n sloopwerf
 ??  ?? Met ’n interessan­te “Kubaans-Nederlands­e” tema in gedagte het die paartjie die fokusmuur in die hoofslaapk­amer ’n treffende blougroen geverf. Hulle wou dolgraag ’n rottangkop­stuk in die pou-styl hê, maar wou nie so baie geld spandeer nie. Toe koop hulle ’n eenvoudige kopstuk tweedehand­s en spuitverf dit goud. Dit lyk pragtig teen die muur. “Ek het die kopstuk vir R300 op Facebook Marketplac­e gekry. Saam met die verf het dit maar R400 gekos!” sê Suzette.
Met ’n interessan­te “Kubaans-Nederlands­e” tema in gedagte het die paartjie die fokusmuur in die hoofslaapk­amer ’n treffende blougroen geverf. Hulle wou dolgraag ’n rottangkop­stuk in die pou-styl hê, maar wou nie so baie geld spandeer nie. Toe koop hulle ’n eenvoudige kopstuk tweedehand­s en spuitverf dit goud. Dit lyk pragtig teen die muur. “Ek het die kopstuk vir R300 op Facebook Marketplac­e gekry. Saam met die verf het dit maar R400 gekos!” sê Suzette.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa