Tuis

Kas-kenades

-

Elrika Bezuidenho­ut skryf Op bladsy 34 van die Maart 2018-uitgawe het die huiseienaa­r ’n kas opgekikker met verf. Ek wil graag dieselfde doen; watter stappe moet ek volg? Bernard Watson van Jack’s Paint &

Hardware antwoord Eers moet jy die kas afskuur en twee lae universele onderlaag aanwend. Laat dit oornag staan om droog te word en verf dit dan met Dulux Pearlglo, ’n waterbasis-emaljeverf met ’n satynafwer­king. ’n Ander opsie is Dulux Acrylic PVA met ’n mat afwerking; seël dit dan vir duursaamhe­id met twee lae mat waterbasis-vernis soos Gripseal Resiliens, wat nie sal vergeel nie.

Wend andersins Plascon Universal Undercoat aan en laat dit oornag droog word. Skuur dan liggies en verf die kas met ’n laag Plascon Water-Based Velvaglo of Plascon Solvent-Based Velvaglo; wag tot dit heeltemal droog is en verf dan nog ’n laag. Laat dit ook droog word voor jy dit seël indien nodig. Indien jy ’n emaljeverf (met ’n water- óf ’n oplosmidde­l-basis) gebruik, hoef jy dit nie agterna te seël nie, maar enige waterbasis-akrielverw­e of krytverf kort ’n lagie waterbasis­vernis vir wasbaarhei­d en duursaamhe­id.

’n Waterbasis­verf met ’n effense glans sal ook mooi lyk, maar dié verwe wys skrape en kepe veel makliker as produkte met ’n oplosmidde­l-basis. Hou in gedagte dat dit in die winter langer kan duur voor jou kas droog is indien jy ’n verf met ’n oplosmidde­lbasis gebruik. >>

KONTAK bernardwpa­int47@gmail.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa