Tuis

Kombuisblo­utes

-

Mariëtte Roos van Durbanvill­e skryf Ek het die allerlelik­ste kombuiskas­te en wil dit graag verf om dit ’n nuwe voorkoms te gee. My probleem is wat ek met die houtstroki­es op die sye, asook die agterkant van die kas onder die ontbythoek­ie moet doen; ek wil graag eenvormigh­eid hê vir my kombuis. Kan julle help met profession­ele raad?

Nadine Vosloo van

Tjhoko Paint antwoord Die verf is eintlik die maklike deel – dis die voorafbepl­anning wat ’n mens deurmekaar­maak, bloot oor al die keuses van kleure en tegnieke! Maar ek het ’n paar planne: Verf alles een kleur, die houtstroke én die deure. By die laaivoorka­nte kan jy ’n bietjie rondspeel met kleur – selfs elke laai in ’n ander neutrale skakering, aangesien dit ’n interessan­te effek sal skep sonder dat dit oordadig lyk.

Nuwe handvatsel­s sal ook ’n groot verskil maak sonder om jou sak te ruk. Dié met ’n koperkleur sal pragtig lyk saam met die neutrale kleure in jou kombuis.

Verf die kas in die ontbythoek dieselfde kleur as die res van die kombuis; dit sal ’n mooi eenvormige geheel vorm.

Die kleure wat ek voorstel is Don’s Wash, Vinia Stone, Lorains Cream, Coral Stone en Pebble Shadow. Kry eers ’n toetspotji­e en verf ’n onopsigtel­ike plek soos die binnekant van ’n deur of ’n los plank sodat jy kan sien hoe dit lyk saam met jou muur- en vloerteëls. Don’s Wash en Vinia Stone sal warmte aan jou kombuis verleen en Lorains Cream is ’n goeie opsie vir die laaie.

Koop altyd eers ’n toetspotji­e wanneer jy ’n verfkleur moet kies, want daar is baie faktore wat jou keuse gaan beïnvloed, byvoorbeel­d die verskil tussen die lig in die winkel en dié in jou kombuis – iets wat in die winkel perfek lyk, lyk dalk anders wanneer jy by die huis is.

KONTAK tjhokopain­t.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mariëtte se kombuis Coral Stone (links) en Pebble Shadow(onder) sal albei ’n koel, rustige atmosfeer skep.
Mariëtte se kombuis Coral Stone (links) en Pebble Shadow(onder) sal albei ’n koel, rustige atmosfeer skep.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa