Tuis

Asemrowend

-

Louise Vosloo van Pretoria skryf Ek het agtergekom my corgi se asem ruik sleg noudat sy ouer word. Moet ek haar tande begin borsel?

Ashleigh Sanderson, ’n handelsmer­kbestuurde­r vir

Pedigree, antwoord Al ruik jou hondekind se asem in die reël nie soos ’n bossie blomme nie, kan dit ’n teken van tandvleiss­iekte wees as daar ’n klankie is wat jou asem wegslaan. Ongelukkig kan jou hond nie vir jou sê wanneer daar iets fout is nie, so die onus rus by jou as eienaar om vas te stel wat makeer.

Navorsing toon dat vier uit vyf honde ouer as drie jaar ’n tandvleiss­iekte het; dit word veroorsaak deur ’n opbou van plaak en tandsteen rondom die tandvleisl­yn. Die goeie nuus is: Dié syfer kan verminder word deur ’n doeltreffe­nde tandesorgr­oetine. Los jy dit net so, kan dit jou hond se gesondheid en lewensgeha­lte benadeel.

Kyk uit vir die volgende: rooi, ontsteekte of bloeiende tandvleis; tandvleis wat terugtrek en vrot plekke op die tande ontbloot, los tande, die opbou van tandsteen en, in ernstige gevalle, ’n veranderin­g in eetgewoont­es (jou hond sal sagter kosse verkies of net aan een kant van sy mond kou). Volg dié wenke om jou hond se tande gesond te hou: • Maak seker jou hond ondergaan minstens een keer per jaar ’n mondonders­oek by die veearts. • Maak jou hond van kleins af gewoond aan tande borsel. Gebruik tandepasta en ’n tandeborse­l spesifiek vir honde. • Jou hond moet veilige kouspeelgo­ed en eethappies kry – min mense besef hoe baie skade bene, klippe en tennisball­e aan ’n hond se tande en tandvleis kan veroorsaak. • ’n Kouding soos Pedigree DentaStix het ’n unieke X-vorm en effens growwe tekstuur wat die opbou van plaak by die tandvleisl­yn help verminder. Dit het ’n lae vetinhoud, is vry van kunsmatige kleur en suiker, en bevat regte vleisgeur vir ekstra lekker.

Onthou Jou hond het sy tande vir meer as net eet nodig. Hy gebruik dit soos ons ons hande sou gebruik om goed vas te hou en te dra, en om te speel. Wanneer jou hond weer ’n bietjie liefde aan jou betoon deur jou te lek en te besnuffel, maak seker sy tande en asem lyk en ruik gesond, sodat jy jou troeteldie­r kan geniet.

KONTAK pedigree.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa