Tuis

Die proses

-

Shaun van der Walt (onder), bedags ’n onnie, is ’n ywerige tuinier in sy vrye tyd. Hy vertel meer oor die projek: “Voor ek vir Liesl en Cobus ’n tuinplan kon teken, moes ek hulle eers leer ken. Liesl is iemand wat kreatief en anders na die gewone kyk en sy het ’n voorliefde vir die stories van antieke goed. Cobus het weer ’n oog vir detail en reguit lyne. Met dit in gedagte het ek ’n eenvoudige plan met ’n oorwegend inheemse plantlys vir hulle bymekaarge­sit,” vertel hy.

Shaun het die tuin in verskillen­de tuinkamers verdeel met allerlei fokuspunte en interessan­te hoekies en draaitjies. Die groot gevestigde bome en waar die someren winterson val, het alles ’n rol gespeel in die uitleg en posisie van beddings en keuse van plante.

“Ons het eers van ongewenste struike en bome ontslae geraak ten einde meer lig en groeiplek in die tuin te kry. Daarna is die beddings sowat 1 m diep uitgegrawe – selfs dieper waar ons bome geplant het. Die pragtige klipmure is gebou; dit tree op as raamwerk vir die tuin (sien kassie, bl. 94).

“Nadat ons soveel moontlik van die klippe verwyder het, is die beddings laag vir laag volgemaak, amper soos koekstruif: Onderin is ’n dik komberslaa­g boombas geplaas, toe perdemis, kompos en beenmeel en daarna die gesifte grond. Dié lae is telkens herhaal tot die bedding vol was. Die grond is daarna natgemaak en omgekeer. Op die ou end het dit soos klam bruinsuike­r gelyk – dik en sag,” vertel hy.

Volgende is die bome geplant, waarna ’n besproeiin­gstelsel geïnstalle­er is. Die tuin is in kleur- en plantblokk­e verdeel om seker te maak plante met dieselfde waterbehoe­ftes groei bymekaar. So maak die kleur ook ’n groter impak. “Moenie aanvanklik te veel plant nie. Gee die plante genoeg ruimte om te groei,” sê hy.

Heel laaste het Shaun en sy helpers die gras geplant en finale aanpassing­s gemaak.

As deel van die proses het Shaun ook ’n plaaslike tuinier opgelei wat na die tuin omsien sedert die projek afgehandel is. Dit is ’n wonderlike werkskeppi­ngsgeleent­heid en perfekte oplossing vir Liesl en Cobus. Wanneer hulle nie in Prins Albert is nie, versorg Mano van Rooyen die tuin. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa