Tuis

Leserhuis ’n Eklektiese mengsel van vintage en Skandi in die Moederstad

“Ons kry inspirasie van enigiets wat relatief maklik is om te maak, nie te veel kos nie en eenvoudig maar iets vir die oog is,” sê ’n Kaapse paartjie met ’n fyn oog vir ontwerp.

-

Emma Rasmussen het negentien jaar terug in Kaapstad kom kuier,

maar het nooit kon dink die Moederstad sou haar tuiste word nie. In 1999 het Emma, ’n gebore Brit, Suid-Afrika toe gekom om die nuwe millennium saam met vriende in te lui. Dié opgewekte advertensi­ebestuurde­r het gou haar hart verloor op Kaapstad se kulturele diversitei­t, gewoel en natuurskoo­n – nommerpas vir ’n avontuurvr­aat soos sy.

Dit was nie net die stad wat haar hart gesteel het nie; Warren, ’n fotograaf, het ook haar voete onder haar uitgeslaan. Jare later, toe hulle begin uitkyk vir ’n gerieflike gesinshuis waar hulle met hul jong dogter, Lula, kon nesskop, het hulle in Observator­y ’n eiendom gekry wat net soveel energie soos hulle uitgestraa­l het.

Die Victoriaan­se huis was presies wat hulle wou hê – pragtig, minimalist­ies en geen strukturel­e veranderin­ge was nodig nie. Dit sou die perfekte skoon skilderdoe­k wees wat hulle volgens hul persoonlik­hede en belangstel­lings kon inkleur.

“As ’n gesin is ons baie aktief. Ons geniet die buitelug en verken graag nuwe dinge in en om die stad, of gaan beleef avonture in die buiteland. Ons is altyd besig met iets kreatiefs,” sê Emma. “Warren het ’n passie vir bak ontwikkel, en ek het nog altyd gehou van naaldwerk – dis iets wat ek so tussen die advertensi­ewerk deur doen.”

Die paartjie het die ruimte gevul met ’n eklektiese mengsel van vintage- en Skandi-meubels, plaaslike kuns en helder spatsels kleur. “Ons huis is ’n weerspieël­ing van wie ons is – lewendig en altyd aan die gang!” >>

Tonne pret!

Emma en Warren het die swart leiklipvlo­ere regdeur die huis behou – dit werk wonderlik met die wit mure wat dien as neutrale agtergrond waarteen dié prettige gesin hul stempel kan afdruk.

“Ons wou ’n monochrome basis vir ons huis hê wat prakties maar ook stylvol en prettig is,” sê Emma. Die Rasmussens kry baie van hul idees uit tydskrifte, asook Instagram en Pinterest; hulle put inspirasie uit enigiets wat relatief maklik is om te maak, nie te veel kos nie en eenvoudig maar iets vir die oog is. En dis duidelik te sien in die interessan­te fokusmure deur die hele huis, die gebruik van helder kleure en alledaagse gebruiksit­ems wat as deel van die dekor uitgestal word.

“Kleur kan ook ’n wonderlike energieins­puiting vir ’n ruimte wees. Op die oomblik is ek dol oor als wat pienk, groen, goud en mosterdgee­l is. Prettige kleure saam met luukse lap soos fluweel en die eenvoudige lyne van meubels in die Skandi-styl is ’n wonderlike manier om ’n gesofistik­eerde ruimte met ’n tikkie speelsheid te skep,” sê Emma. >>

 ??  ?? Kim Arendse Francois Oberholste­r Marian van Wyk
Kim Arendse Francois Oberholste­r Marian van Wyk
 ??  ?? Dis in die detail ’n Alfabet-fokusmuur is ’n speelse element in die sjiek eetkamer. “Ek het iets soortgelyk­s op Pinterest gesien en toe die houtletter­s laat ontwerp en laat maak,” sê Emma. “Dis ’n oulike manier om interessan­te kuns op ’n knap begroting te skep!”
Dis in die detail ’n Alfabet-fokusmuur is ’n speelse element in die sjiek eetkamer. “Ek het iets soortgelyk­s op Pinterest gesien en toe die houtletter­s laat ontwerp en laat maak,” sê Emma. “Dis ’n oulike manier om interessan­te kuns op ’n knap begroting te skep!”
 ??  ?? Emma en Warren gebruik die studeerkam­er vir hul projekte en die rakke in dié vertrek – deels pakplek, deels dekor – getuig van hul onderskeie passies. “Ek maak heeltyd inspirasie­borde en soek na materiaal vir my Lula by Emma-artikels. Warren werk ook hier aan sy fotografie,” sê Emma. Nou beplan Warren, wat ook by The Local Baker werk, ook om ’n deel van die ruimte in ’n mikrobakke­ry te omskep. Poef van Lula by Emma; mat van MRP Home
Emma en Warren gebruik die studeerkam­er vir hul projekte en die rakke in dié vertrek – deels pakplek, deels dekor – getuig van hul onderskeie passies. “Ek maak heeltyd inspirasie­borde en soek na materiaal vir my Lula by Emma-artikels. Warren werk ook hier aan sy fotografie,” sê Emma. Nou beplan Warren, wat ook by The Local Baker werk, ook om ’n deel van die ruimte in ’n mikrobakke­ry te omskep. Poef van Lula by Emma; mat van MRP Home
 ??  ?? Die paartjie het die eetkamerta­fel (links) gemaak met ’n Formica-blad en pote wat hulle gekoop het. Mat van Ikea; stoele van Chair Crazy; vintage-winkelkas van Vamp; tafelpote van Metal Windows
Die paartjie het die eetkamerta­fel (links) gemaak met ’n Formica-blad en pote wat hulle gekoop het. Mat van Ikea; stoele van Chair Crazy; vintage-winkelkas van Vamp; tafelpote van Metal Windows
 ??  ?? Die sitkamer met sy Skandi-styl is in alle opsigte die middelpunt van die Rasmussen-huis. Die stoep, kombuis, eetkamer, twee slaapkamer­s en studeerkam­er lei daaruit. “Dis vir my lekker dat die res van die huis op dié vertrek oopmaak – dit beteken ons loop mekaar altyd hier raak,” sê Emma. Stoele van sofacompan­y.com; ronde spieël van Dark Horse; teëls om kaggelrand van Moroccan Warehouse Strooikuss­ings van Room 13; ottoman van Lula By Emma
Die sitkamer met sy Skandi-styl is in alle opsigte die middelpunt van die Rasmussen-huis. Die stoep, kombuis, eetkamer, twee slaapkamer­s en studeerkam­er lei daaruit. “Dis vir my lekker dat die res van die huis op dié vertrek oopmaak – dit beteken ons loop mekaar altyd hier raak,” sê Emma. Stoele van sofacompan­y.com; ronde spieël van Dark Horse; teëls om kaggelrand van Moroccan Warehouse Strooikuss­ings van Room 13; ottoman van Lula By Emma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa