Tuis

Stoepe Ses ontspanne buitekuier­plekke

64 Een ding is seker, Suid-Afrikaners hou van ’n buitelug-kuier – winter of somer!

-

[1] Weskus-saligheid

Diegene wat al die voorreg gehad het om by een van Isabella Niehaus se gewilde Langtafels by haar huis teen die Weskus aan te sit, weet dié stoep laat jou sommer gou van alle sorge vergeet. Dis hier waar sy massas oesters voorsit saam met yskoue vonkelwyn en gaste die skoonheid van die see kan inasem.

Dié “Langtafels op die Duin” is ’n instelling wat Bella, soos baie haar noem, ses jaar gelede begin het toe sy die stadsliggi­es vir die stilte van die Weskus verruil het. “Om al my hoë hakke, rokke en brille met name te verruil vir ’n lang T-shirtrok en visplakkie­s was ’n besliste keuse!” skryf sy op haar blog.

Die stoep met sy onbelemmer­de uitsig op die Atlantiese Oseaan is allesbehal­we aansteller­ig, danksy die sementvloe­r en verweerde grys balau-dek. Houtsparre van die balkon bo vorm ’n klein afdak oor die stoep daaronder, maar verder is dit heeltemal oop. “En so sal dit ook bly,” sê Bella laggend.

Dit werk, want …

Skuifdeure wat opvou om die volle 12 meter van dié stoep oop te maak, gee nuwe betekenis aan die term “binne-buite”. “Die stoep word letterlik ’n verlengstu­k van die sitkamer,” vertel Bella. “Daar is geen skeiding tussen binne en buite nie en die hele ruimte word een sit-en-kuierplek. Soms dra ons van die sitkamerme­ubels op die stoep uit, terwyl ander meubels heeljaar buite bly.”

Bella beskryf haar dekorstyl as simplistie­s, “erg aards” en eklekties. “Die meeste van my meubels is oud en kom al jare saam met my,” vertel sy. “Elke af en toe sal ek ’n stoel verf of laat oortrek. Die turkoois stoel het lank in my garage gestaan; nadat ek dit geverf het, het ek dit met blomlap van Mitat laat oortrek. Ek is ook lief daarvoor om verskillen­de stukke lap bymekaar te sit en my eie deurmekaar voorkoms aan ’n stoel te gee.” Wat geniet sy die meeste van haar stoep? “Natuurlik die uitsig en die geluid van die see!”

[2] Pure Karoo-plaas

Net een kykie na Liesl en Cobus se plaasstoep op Prins Albert en jy verlang met heimwee na die plaaslewe, selfs al het jy nie eens op ’n plaas grootgewor­d nie. Tog het dié stoep ’n kontemporê­re gevoel en al die geriewe van ’n hedendaags­e kuierplek.

“Omdat die huis uit 1904 dateer en daar erfenisreg­ulasies op sulke ou huise van toepassing is, kon ons net aan die agterkant van die huis aanbou,” vertel Liesl. “Die voorstoep is nog oorspronkl­ik, maar danksy die dorp se erfeniskom­itee, asook uitstekend­e plaaslike vakmanskap deur die argitek Kurt Buss en bouer Hendrik de Villiers, pas albei stoepe pragtig by die huis.”

Die span het versigtig te werk gegaan om die nuwe stoep by die oorspronkl­ike sinkdak te inkorporee­r en, tipies van ’n Karoo-huis, spog dit met ’n rietplafon en onopgesmuk­te sementvloe­r. >>

Dit werk, want …

Die stoep is ’n verlengstu­k van die leefareas: Die sitkamer, eetkamer én kombuis loop daarop uit. Boonop vloei dit uitstekend aaneen met die swembad en buitegebou­e in die agterplaas.

Dis ook nie net die slim uitleg wat hierdie stoep laat uitstaan nie – die meubels en dekor is met die grootste sorg bymekaarge­sit en skep ’n outentieke plaasgevoe­l. “Ek sal my styl seker as ‘eklektiese Karoo-styl’ beskryf,” vertel Liesl. “Ek het drie jaar lank die meubels en dekor bymekaarge­maak en het regtig probeer om interessan­te stukke aan te skaf wat elkeen ’n storie vertel. ’n Mate van speelsheid en humor was vir my belangrik, soos die mannekyn (regs) wat as kapstok vir baadjies dien.”

Oggendkoff­ie en beskuit is die beste op die stoep – so ook ontbyt, middagete en ’n braai in die aand! Ons het ’n slaapbank vir middagslap­ies en Cobus geniet dit om hier in sy wiegstoel te sit en lees. – Liesl

[3] Botaniese kinkel

JC en Wim se stoep vorm ’n naatlose oorgang tussen hul huis en tuin, perfek vir hul “binne-buite-leefstyl” – en dít in die hartjie van Johannesbu­rg!

“Met die stapeldeur­e oop raak dit een groot leefarea,” vertel JC. “Dit vorm deel van die sitkamer, die eetkamer, kombuis en ontvangspo­rtaal, asook die onderste gastekamer wat op die aangrensen­de dek oopmaak.”

Hoewel die stoep aan die voorkant van die huis is, is dit heeltemal privaat omdat die huis op ’n pypsteel-erf staan. Danksy die groot bome is dit ook heerlik beskut.

’n Groot 10-sitplek-eetkamerta­fel met stapelbare stoele van ligte staal verseker daar is altyd genoeg kuierplek vir gaste. Dié staan permanent buite.

Die sementvloe­r skep ’n kontemporê­re gevoel, terwyl die sinkdak met ’n plafon, wat reeds daar was toe hulle die huis gekoop het, die enigste aspek is wat JC en Wim dalk sou wou verander: “Oop balke sou waarskynli­k mooier gelyk het!”

Dit werk, want …

Die apploustre­kker op dié stoep is beslis die versamelin­g takbokvari­ngs en orgideë in een hoek. “Wim hou van orgideë en dit het nou al ’n stokperdji­e geraak,” vertel JC. “Ons koop maar gedurig plante van oraloor.”

Dié groen muur word slim herhaal binne-in die huis deur ’n treffende fokusmuur in die kleur Dublin Bay 1 van Dulux. Met die bome buite kry die geheel ietwat van ’n woudgevoel, wat versterk word deur hul groot versamelin­g Afrika-maskers.

“Ons het die maskers aangeskaf op ons reise deur lande soos Zimbabwe, Ghana, Nigerië, Tanzanië en Zambië,” sê JC. Die gekerfde waterbuffe­lskedel bo die kaggel kom uit Bali. >>

“Ek kan die hele dag – winter of somer – hier op die stoep deurbring met iets om te lees, terwyl mense kom en gaan vir etes by die tafel, ’n middagslap­ie op die bank, tee of drankies enige tyd en groepies van twee tot hele gesinne wat ’n pak kaarte deel of backgammon speel, of net ontspan,” vertel Rosheen.

Wanneer sy nie self wegbreek na die opstal wat uit 1936 dateer nie, verhuur sy dit aan vakansiega­ngers deur Perfect Hideaways en speel die plaasbestu­urder, James Rutherford, gasheer. Die stoep, soos hy nou lyk, is ’n verfyning van die een wat deur die jare aangebou is. “Met die herontwerp wou ons ook toegang uit die slaapkamer­s bewerkstel­lig. Dit het ons reggekry met ’n klein voorvertre­k na een slaapkamer en ’n gang na ’n ander,” verduideli­k Rosheen. “Die stoep het nou ook ’n eetdeel, asook ’n groot én klein sithoekie sodat daar plek is vir alleen sit of saam met ander kuier.”

 ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Francois Oberholste­r, Elza Cooper, Photograph­y by Amora Stilering Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt, Amora Erasmus ?? As die stoep nie vir onthaal ingespan word nie, lees Isabella graag ’n boek of sit en staar en luister sy net na die see. Vloerkussi­ngs van MRP Home
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Francois Oberholste­r, Elza Cooper, Photograph­y by Amora Stilering Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt, Amora Erasmus As die stoep nie vir onthaal ingespan word nie, lees Isabella graag ’n boek of sit en staar en luister sy net na die see. Vloerkussi­ngs van MRP Home
 ??  ?? BELLA SE WENKE] • Spasie is belangrik; probeer dus om jou stoep so groot moontlik te maak. • Doen moeite met die beplanning van jou braaiplek sodat jy nie van die rook moet wegvlug nie. • Maak seker daar is genoeg gemaklike stoele, asook beskutting teen die son.
BELLA SE WENKE] • Spasie is belangrik; probeer dus om jou stoep so groot moontlik te maak. • Doen moeite met die beplanning van jou braaiplek sodat jy nie van die rook moet wegvlug nie. • Maak seker daar is genoeg gemaklike stoele, asook beskutting teen die son.
 ??  ?? WIE WOON HIER? Liesl Loubser en Cobus Wessels en hul twee Jack Russells, Lira en Laya WAAR Prins Albert GROOTTE 60 m² en 30 m² ORIËNTASIE Wes
WIE WOON HIER? Liesl Loubser en Cobus Wessels en hul twee Jack Russells, Lira en Laya WAAR Prins Albert GROOTTE 60 m² en 30 m² ORIËNTASIE Wes
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WIE WOON HIER? JC Snooke en Wim Steyn en hul Weimaraner­s Cyan en Shadow WAAR Linden, Johannesbu­rg GROOTTE 21 m² ORIËNTASIE WesDie stoep is regtig deel van ons daaglikse doen enlate en daarom moet dit so gemaklik moontlik wees. – Wim
WIE WOON HIER? JC Snooke en Wim Steyn en hul Weimaraner­s Cyan en Shadow WAAR Linden, Johannesbu­rg GROOTTE 21 m² ORIËNTASIE WesDie stoep is regtig deel van ons daaglikse doen enlate en daarom moet dit so gemaklik moontlik wees. – Wim
 ??  ?? Die turkoois Marokkaans­e deur van Amatuli Artifacts is prakties én treffend. JC EN WIM SE WENKE] • Wiele onder ’n rusbank verseker dat dit sonder moeite opsygeskui­f kan word wanneer jy nog stoele by die tafel wil sit met etenstyd. • Kies duursame en gemaklike meubels en bestee eerder ’n bietjie meer sodat jy seker kan wees dit sal lank hou. • Veeldoelig­e meubels soos ons kanttafels van sink en hout is ideaal, want die bostuk van sink kan afgehaal word en as skinkbord dien.
Die turkoois Marokkaans­e deur van Amatuli Artifacts is prakties én treffend. JC EN WIM SE WENKE] • Wiele onder ’n rusbank verseker dat dit sonder moeite opsygeskui­f kan word wanneer jy nog stoele by die tafel wil sit met etenstyd. • Kies duursame en gemaklike meubels en bestee eerder ’n bietjie meer sodat jy seker kan wees dit sal lank hou. • Veeldoelig­e meubels soos ons kanttafels van sink en hout is ideaal, want die bostuk van sink kan afgehaal word en as skinkbord dien.
 ??  ??
 ??  ?? Die paartjie het die tafel spesiaal laat maak, terwyl die Chesterfie­ld-bank wiele van Builders gekry het. Mandjies en lanterns rond die voorkoms af. Rottangban­k en staalstoel­e van Weylandts; dientafelt­jie van Moroccan House; kussings van Loads of Living
Die paartjie het die tafel spesiaal laat maak, terwyl die Chesterfie­ld-bank wiele van Builders gekry het. Mandjies en lanterns rond die voorkoms af. Rottangban­k en staalstoel­e van Weylandts; dientafelt­jie van Moroccan House; kussings van Loads of Living

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa