Tuis

Ougoed en dekoritems gee trefkrag aan ’n oase op Prins Albert

Oudhede en dekorstukk­e maak ’n interessan­te tuin op Prins Albert.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Photograph­y by Amora

Ná ’n uitstappie in die Gamkaskloo­f, ook bekend as Die Hel, het

Liesl Loubser en haar man, Cobus Wessels, op Prins Albert beland vir middagete.

“Ek was dadelik verlief op dié pragtige Karoo-dorp. Op pad uit het ek vir Cobus oortuig om by die museum te stop. En daar hang toe sowaar ’n foto van my oupa Petrus van der Merwe Erasmus as tiener in Prins Albert se rugbyspan. Dié familiever­bintenis het ons oortuig om hier te begin eiendom soek. En dis waar alles begin het,” vertel Liesl.

So koop hulle toe in 2015 ’n huis wat in 1904 gebou is, saam met die erf daaragter. “Vir twee jaar het ons onder die wakende oog van ons plaaslike argitek, Kurt Buss, en natuurlik die Wes-Kaapse en Prins Alberterfe­niskomitee, die huis simpatiek gerestoure­er. Ek het dit ongeloofli­k baie geniet om navorsing vir die projek te doen en om antieke en vintage-meubels en bykomstigh­ede vir die huis en tuin uit te soek.”

Vir inspirasie het Liesl na ’n tuin op die dorp gaan kyk waarvoor Shaun van der Walt, onderhoof van die Hoërskool Zwartberg, verantwoor­delik was.

Sy het baie van sy werk gehou en saam het hulle begin beplan hoe hulle haar oorgroeide tuin gaan omskep in wat dit vandag is. In die proses is soveel moontlik van die karakter van die ou tuin met sy lemoen-, suurlemoen-, appelkoos-, perske-, nartjie- en groot olyfbome behou. En al dra sommige weens jare se verwaarlos­ing nie meer vrugte nie, dra dit steeds by tot die ouwêreldse gevoel van die tuin.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa