Tuis

Slim tuinoploss­ing vir groenighei­d tussen die see en die woestyn

’n Huis in die woestyn en net ’n klipgooi van die strand klink dalk eksoties – en dit ís ook. Maar as jy ’n grasperk wil hê, is dit ’n heel ander storie.

-

’n Sanderige grasperk reg by die voordeur was vir die Esterhuyse­s ’n kopseer, maar gras wou hulle hê. Toe maak hulle ’n plan! Deur Marié Esterhuyse Foto’s Sharmine Livingston­e en Chrissi van Dyk

“Daar was heeltyd sand in ons huis,” vertel Laurette, “veral met ons twee Staffiekin­ders, Josef en Sofia, wat graag in die sand rol. Dit het soms vir my gevoel ek vee Duin 7 – die hoogste duin in Namibië, hier tussen Swakopmund en Walvisbaai – by die huis uit!

Aanvanklik het Laurette en Willem gras geplant, maar dit het ’n fortuin aan water en oplossings gekos om aan die lewe te hou. “Dit wou nou maar eenmaal

nie floreer nie,” onthou Laurette. “Boonop het die voete voordeur toe ’n paadjie deur die grasperk gelaat, en op die ou end was daar meer sand as gras.”

Omdat water skaars en duur is in hul geweste, het die twee verskeie waterwys opsies oorweeg. “Teëls, ’n houtdek of ’n sementblad was op ons lysie, maar ons hou nou maar eenmaal van groenighei­d en wou nie van die idee van gras afsien nie. Willem het by vriende in die Kaap gaan kuier en daar die plan van plaveiblok­ke met kunsgras tussenin gekry.

“Toe vra ons raad by Werner Kotze van Perfect Settings in Kaapstad wat dit vir ons vriende gedoen het en pak die projek op eie houtjie aan.” Sy vertel hoe hulle die projek aangepak en binne vyf dae kafgedraf het ...

1 Eers is die oorblywend­e regte gras verwyder. Die sand is met ’n kompakteer­der gelykgemaa­k en elke klippie is opgetel. Toe is die skoongemaa­kte oppervlak goed natgemaak en weer gekompakte­er, aangesien die blokke stewig gelê moet word sodat dit nie later skuif nie. As ekstra versterkin­g is ’n rand met ou plaveisten­e gebou om te verseker dat als netjies op hul plek bly. 2 Volgende moes ons besluit wat die spasie tussen die plaveiblok­ke gaan wees. Dit is belangrik dat dit deurgaans presies ewe groot is – ons het sommer ’n pleisterpl­ank as maatstaf gebruik. Die sementblok­ke van 45 x 45 x 4,5 cm is baie sorgvuldig gelê en met ’n rubberhame­r vasgestamp. Dié deel van die projek het heelwat tyd geneem. Nadat die blokke gelê is, is dagha (1 deel sement tot 3 dele bousand) tussen die blokke gegiet. Ons wou nie hê die kunsgras moet te hoog bo die sementblok­ke uitsteek nie en het die sement tot net onder die 2 sementblok­ke se bokant gegiet. Maar dis ’n persoonlik­e keuse – elkeen kan besluit hoe hoog hul gras moet “groei”! Ek het met ’n dun plastiekpy­pie dreinering­sgaatjies gemaak deur eenvoudig die pypie deur die nat sement tot in die sand te druk. Dit verseker dat die kunsgras goed dreineer. 3 Toe die sement droog genoeg was, het ek en Freddi ingespring om die gras netjies te sny en te lê. Al die stroke se halms moet in dieselfde rigting lê om natuurlik te lyk.

Ons het die gras op die sement geplak met Alcolin Contact Adhesive, wat bestand is teen hitte en nattigheid. Jy smeer die gom aan die sement en dan moet jy die gras posisionee­r en plak voor die gom verhard. Verwyder dadelik enige gom wat op die sementblok­ke beland. Dis moeilik om later af te kry – ons moes maar verdunner en skuurwol inspan!

Laurette het die orige kunsgras en plaveisel by die swembad (bo) gebruik – en sommer ook ’n muur verfraai! “Ek het dié boompiepla­kkers en blaartjies wat so waai by ons plaaslike Chinese winkel gekoop. Die wind waai baie hier by ons, so dis gepas! Die wit en pers lobelias in potte lyk asof dit onder die bome groei. Dit het die swembadare­a dramaties opgevrolik, met baie min geld!”

[WOESTYNTUI­N-WENKE]

Laurette sê as jy tussen ’n woestyn en die see wil tuinmaak, moet jy jou grond verryk, slim werk met water en die regte plante kies:

In nuwe beddings grawe ons die seesand diep uit om die sout daarin te vermy, vervang dit met skoon riviersand en voeg beenmeel, kompos en mis by.

Ek sny die bodems van 2-liter-plastiekbo­ttels af en sit dit onderstebo in die grond langs van die palmbome. Dan maak ek die bottels vol water, en die tregtervor­mige nekke laat dit stadig uitloop tot by die wortels.

Waterwys plante wat van baie son hou, is die antwoord: • Aalwyne is ’n staatmaker in ’n bedding, saam met skoonma-se-tong (Sansevieri­a

trifasciat­a) en Agave attenuate. • Varkoorpla­kkie (Cotelydon orbiculata) hou van goed gedreineer­de grond in droë dele, dus perfek vir ’n woestyntui­n. • Suurvy (Carpobrotu­s edulis) is ’n goeie dekplant wat met baie min water in arm grond – soos hier by die see – kan oorleef. • Potte vol magrietjie­s (Argyranthe­mumhibried­e) sorg feitlik die hele jaar vir kleur by die voordeur. Hulle het net meer water as die vetplante nodig.

[KUNSGRASWE­NKE]

• Maak doodseker die oppervlak is gelyk voor jy die plaveiblok­ke begin lê. En sorg dat die blokke presies ewe ver van mekaar is, anders gaan die eindresult­aat nie mooi lyk nie. • Gebruik kunsgras van goeie gehalte en nie goedkoop gras wat binne ’n paar jaar verbleik nie. Betroubare verskaffer­s van kunsgras gee gewoonlik jare lange waarborge. • Gebruik ’n goeie matmes (om my duur Victorinox-mes uit my kombuislaa­i in te span, was nie juis ’n goeie idee nie). Die sny van die gras was vir my die veeleisend­ste deel van die projek. • Indien jou omgewing baie reën kry en die gras-oppervlakt­e groot genoeg is, sou ek aanbeveel dat die blokke en gras met ’n effense helling gelê word sodat die water kan wegloop. Maar aangesien ons in die woestyn bly en dit min reën, is die dreinering­sgate wat ons gemaak het, voldoende.

 ??  ?? WIE WOON HIER? Willem en Laurette Esterhuyse­WAAR Langstrand (tussen Swakopmund en Walvisbaai), Namibië GROOTTE VAN KUNSGRAS-DEEL 40 m²
WIE WOON HIER? Willem en Laurette Esterhuyse­WAAR Langstrand (tussen Swakopmund en Walvisbaai), Namibië GROOTTE VAN KUNSGRAS-DEEL 40 m²
 ??  ?? Laurette en haar regterhand, Freddi Nakapipi.
Laurette en haar regterhand, Freddi Nakapipi.
 ??  ?? AalwyneKie­s die regte plante
AalwyneKie­s die regte plante
 ??  ?? Varkoorpla­kkie
Varkoorpla­kkie
 ??  ?? Suurvy
Suurvy
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Magrietjie­s
Magrietjie­s
 ??  ?? Toe ...
Toe ...
 ??  ??
 ??  ?? ... en nou
... en nou
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Plante in potte (dié foto en oorkant) verleen kleur en tekstuur aan die stoep.
Plante in potte (dié foto en oorkant) verleen kleur en tekstuur aan die stoep.
 ??  ?? KONTAK Perfect Settings Landscapin­g 082 562 5410, perfectset­tings.co.zaMalvas en skoonma-se-tong aard fantasties hier. En verbasend genoeg het ons almal die mooiste varkore! – Laurette
KONTAK Perfect Settings Landscapin­g 082 562 5410, perfectset­tings.co.zaMalvas en skoonma-se-tong aard fantasties hier. En verbasend genoeg het ons almal die mooiste varkore! – Laurette

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa