Tuis

Spinasie-en-fetapastei, stap vir stap

Dié vegetaries­e pastei is groot pret om te maak. En wie kan nou bros, goue deeg weerstaan?

-

Spinasie-en-fetapastei

Hierdie lekkerte is my weergawe van ’n Turkse Börek-pastei. Jy kan die spinasievu­lsel gewoonweg tussen dubbellae fillodeeg in ’n groot oondbak bak en in blokke voorsit, maar ek is mal oor die drama van die spiraalvor­m.

1 Kies groen Kap 1 ui fyn en braai tot glansend in 5 ml olyfolie. Kook 400g aartappels tot gaar, dreineer en maak fyn. Blansjeer 400 g spinasie en ’n klein hand vol sagte kruie soos origanum en dille saam, en kap fyn. Krummel 3 wiele fetakaas en voeg dit saam met 125ml gerasperde parmesaank­aas by en geur mildelik met sout, peper, neutmuskaa­t en gedroogde brandrissi­e.

2 Gompot Klits 1 groot eier, 30ml olyfolie en 45 ml volvetjogu­rt saam – dis waarmee jy die deeglae aan mekaar gaan plak. Verdun met ’n bietjie melk as dit te dik lyk. Hou 6 velle fillodeeg gereed onder ’n klam lap om te keer dat dit uitdroog terwyl jy werk, en staan reg met ’n kwassie.

3 Vulstasie Plaas ’n vel fillodeeg op ’n skoon oppervlak en verf oraloor met die eiermengse­l. Plak ’n tweede vel bo-op en verf dié ook oraloor. Skep nou een derde van die vulsel in ’n lang strook op ’n lang sy van die deeg. Rol die deeg met die vulsel daarin op*, draai dit in ’n spiraal en sit dit in ’n gesmeerde oondvaste pan, koekpan of bakplaat. Vorm nog twee volle spirale met die orige deeg en vulsel en las dit aan die eerste spiraal om die hele bodem van die pan te bedek. * Pasop vir te styf oprol en te veel vulsel, want die dun deeg sal bars terwyl jy dit in ’n spiraal draai.

4 Die laaste strooi Voorverhit die oond tot 180 °C. Verf die oorblywend­e eiermengse­l oor die pastei en in al die voue, en strooi 10 ml

sesamsaad oor. Bak dit dan vir sowat 45 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm of teen kamertempe­ratuur voor met vars suurlemoen­wiggies.

 ?? Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r ??
Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r
 ??  ?? 1 2 3 4
1 2 3 4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa