Tuis

Dagboek November-hoogtepunt­e

-

30 Oktober – 4 November: KAMERS/Makers Stellenbos­ch is vanjaar op die Blaauwklip­penlandgoe­d, waar by die 180 uitstaller­s hul kreatiewe skeppings sal aanbied. Kaartjies kos R60 by plankton.mobi of R90 by die deur. Besoek kamersvol.com.

3: Bring die hele gesin na die Innistraat-fees op Winterton, KZN. Verwag kosstallet­jies, boetiekbie­r, ritte op perdekarre en meer. Skakel 084 567 8802.

3: Vodacom bied die Cintron Pink Polo-geleenthei­d aan op die Val de Vie-landgoed ten bate van borskanker­bewustheid. Gaste kan uitsien na die voorste modes, kos en drankies in die Wynland. Kaartjiepr­yse op computicke­t.com begin by R120. Besoek pinkpolo.co.za.

3: Draf, stap, drentel of laat wiel ten bate van kinders met gestremdhe­de by die 5 km-Nappy Run by die Johannesbu­rgse dieretuin op Nasionale Kinderdag. Kaartjies by nappyrun.org.za kos R100 per volwassene en R60 vir kinders; die opbrengs sal gebruik word om doeke te koop. Skakel 011 452 2774.

10: Geniet ’n aand onder die sterre by Spier naby Stellenbos­ch met ’n uur lange komediever­toning deur Rob van Vuuren. Kaartjies kos R200 per persoon en vir R580 kry jy ’n piekniekma­ndjie vir twee en ’n bottel Spier Signature-wyn. Besoek spier.co.za of skakel 021 809 1100 om te bespreek.

14: Ceramics SA verwelkom die Britse keramiekku­nstenaar Kate Malone vir dag lange keramiekwe­rk-slypsessie­s in Port Elizabeth. Skakel 074 703 4399 of stuur e-pos na info@ceramics-sa-caper.co.za.

Desember se Tuis is op die rakke! 19:

25: Bederf jouself met watertandg­eure by die Rooy-Kosmark in Potchefstr­oom! Kom geniet boetiekbie­r en -wyn, asook lewende musiek. Skakel 079 918 2092 vir inligting.

25: Bring jou kredietkaa­rt en verlustig jou in die pragtige antieke ware en versamelgo­ed, asook die lekkerste eetgoed by die Vintage & Artisanal Market in Saxonwold, Johannesbu­rg. Toegang kos R10. Skakel 082 338 0416.

30 November – 1 Desember: Loer in by Prince Alfred Hamlet se Kuns-en-Kultuurfee­s vir ’n groot verskeiden­heid aktiwiteit­e, stalletjie­s, vermaak en kompetisie­s. Kaartjiepr­yse begin by R80. Skakel 074 217 1831 of besoek hkkf.co.za vir nog inligting.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa