Tuis

Vra die kenners

Wonder jy oor verf vir jou sitkamermu­ur of ’n nuwe voorkoms vir jou kombuis? Vra net – ons kry die antwoorde.

-

Teen die mure uit

Karen Matheus van Barberton skryf Ek wil weet of ek my siersteenm­ure wit kan verf al het ek ’n bruin mat. My mure kraak baie. Ons bly teen die berg op Barberton en ek weet nie of die struktuur dalk nog vestig nie, dus kan ek nie pleister nie. Die vertrekke is baie donker en in die Laeveldse somer verskrikli­k warm. Ek het al gaan soek op die internet, maar al die foto’s wys net wit geverfde siersteenm­ure met houtvloere. Dit lyk baie mooi, maar ons kan ongelukkig nie houtvloere bekostig nie.

Jani Augustyn-Goussard van Paint & Décor

antwoord Kleur is die een afrondings­element in ’n vertrek wat nie ’n fortuin kos nie en by enigiets aangepas kan word. Houtvloere sou pragtig wees, maar min van ons kan dit deesdae bekostig! Ek hou van jou idee om die mure wit te verf om lig in julle huis in te bring. Spierwit is wel een van die hardste kleure om in jou vertrek te verf, veral met meubels in aardse kleure en jou huidige matte.

Ek stel voor jy kies ’n aardse naaswit of ’n klipkleur – die Desert Salt van Paint & Décor het ’n tikkie bruin en swart in, wat ’n warmer ligte agtergrond skep. Of probeer Old Stone uit ons Earth Whites-reeks vir iets meer aards. Jy kan selfs speel met ’n ekstra kleur vir diepte en definisie deur ’n fokusmuur te skep. ’n Grys-groen soos White Disa uit ons Fynbos-reeks sal pragtig lyk omdat dit kalmte en koelte in ’n vertrek bring.

KONTAK paintdecor­diy.com

 ??  ?? Paint & Decor: Desert Salt
Paint & Decor: Desert Salt
 ??  ?? Paint & Decor: Old Stone
Paint & Decor: Old Stone
 ??  ?? Paint & Decor: White Disa Paint & Decor: Desert Salt
Paint & Decor: White Disa Paint & Decor: Desert Salt
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Saamgestel deur Desiree Hartney
Saamgestel deur Desiree Hartney

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa