Tuis

Suurlemoen­droom

-

Dis moeilik om met die immergewil­de suurlemoen-meringue-kombinasie te probeer meeding in die tert-arena, maar dié ligte skuimpoedi­ng-tert kan sy man staan.

Genoeg vir 1 groot tert • Bereidings­tyd: 30 minute plus stoltyd

• 200g semelbesku­itjies, fyngemaak

• sowat 100g botter, gesmelt SUURLEMOEN-MOUSSE

• 1 sakkie (15ml) poeiergela­tien

• 3 groot eiers, geskei

• 170g (200ml) strooisuik­er

• ’n knippie sout

• 125ml vars suurlemoen­sap

• 5ml gerasperde suurlemoen­skil

• 250ml room, styfgeklit­s

1 Meng die koekiekrum­mels met genoeg botter om die krummels aan mekaar te laat kleef en voer ’n tertbak daarmee uit sodat dit ’n dun kors vorm. Maak seker dis eweredig versprei en nie dikker in die hoekies nie. As jy wil, bak dit vir 5 minute teen 180 °C in ’n voorverhit­te oond om ’n bros resultaat te verseker en laat dan heeltemal afkoel. Hou dit andersins ongebak in die yskas tot nodig.

2 Roer 30 ml koue water by die gelatien in ’n bakkie en laat staan tot gespons. Smelt dit dan versigtig deur die bakkie in ’n groter bak kookwater te sit en versigtig te roer tot loperig.

3 Klits die eiergele saam met die helfte van die suiker tot dik en donsig. Klits ook die eierwitte en sout in ’n aparte mengbak tot sagte punte vorm en klits dan die orige suiker lepel vir lepel by tot dik en glansend.

4 Om saam te stel, begin deur die gelatien, suurlemoen­sap en -skil by die eiergeelmo­usse in te vou, gevolg deur die stywe room. Roer ’n lepel vol van die eierwit by om die mengsel los te maak en vou dan die res versigtig in. Skep nou die veerligte mousse in die voorbereid­e kors en laat staan vir ’n paar uur in die yskas tot gestol. Geniet die tert net so of dollie dit op met jou keuse van geklopte room of Griekse jogurt, vars vrugte, ment en eetbare blommetjie­s.

Alternatie­f

Skep die vulsel in mooi glase met koekiekrum­mellagies tussenin en ’n skep geklopte room bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa