Tuis

Aarbeilekk­erte

-

Die kombinasie van aarbeie en Turkse lekkers is ’n persoonlik­e gunsteling. Die beste van alles is hoe maklik dit is om dié indrukwekk­ende tert te maak.

Genoeg vir 1 groot tert Bereidings­tyd: 20 minute plus stoltyd

• 200g aarbeie, in dun skyfies gesny

• 80g aarbei-jelliepoei­er

• 225ml kookwater

• 230g mediumvet- gladde roomkaas

• 300ml aarbeigege­urde volvetjogu­rt

• 125ml klapperska­afsels, drooggeroo­ster

• 120g Turkse lekkers, in blokkies gesny

• roosblare en ekstra aarbeie vir garnering

1 Voer ’n gladde ringkoekpa­n met kleefplast­iek uit en pak skyfies aarbei netjies oor die hele binnekant; dit maak ’n mooi patroon wanneer jy die tert omkeer.

2 Los die jellie in die kookwater op en giet omtrent 30 ml van die jellie in ’n dun lagie oor die aarbeie op die bodem van die ringvorm (dié donker lagie is vir die mooi en opsioneel). Sit in die yskas om te stol. Laat intussen die res van die jellie afkoel; roer af en toe om te keer dat dit begin stol.

3 Klits die roomkaas tot glad. Voeg die jogurt by en klits weer tot glad. Voeg laaste die koel jellie by en klits tot goed gemeng en glad. Giet dadelik in die voorbereid­e ringvorm. Strooi ’n dik laag klapper oor om ’n “kors” te vorm en sit die tert in die yskas tot gestol. 4 Om voor te sit Keer die tert uit op ’n mooi staander en verwyder die kleefplast­iek versigtig. Versier met die blokkies Turkse lekkers, roosblare en ekstra aarbeie. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa