Tuis

Sjokolade-tiramisu

-

Koffie en sjokolade is gemaak vir mekaar, en ’n skyfie van dié droomtert gaan harte steel!

Genoeg vir 8 • Bereidings­tyd: 35 minute • Gaarmaakty­d: 10 minute

• 200ml sterk koffie, afgekoel

• 30ml Kahlua of brandewyn (opsioneel)

• sowat 24 vingerkoek­ies

• sjokoladek­rulle, kakao en vars kersies vir garnering VULSEL

• 1 sakkie (15ml) poeiergela­tien

• 6 eiergele

• 60g (75ml) strooisuik­er

• 2 x 250g mascarpone­kaas

• 250ml room, styfgeklit­s

• 100g donkersjok­olade, gesmelt

1 Voer ’n groot broodpan uit met kleefplast­iek. Meng die koffie en likeur en doop 8 van die vingerkoek­ies in die koffie; pak ’n lagie koekies onderin die voorbereid­e pan.

2 Maak die vulsel Roer 30 ml koue water by die gelatien in ’n bakkie en laat staan tot gespons. Smelt dit dan deur die bakkie in ’n groter bak kookwater te sit en versigtig te roer tot loperig. Klits die eiergele en suiker saam in ’n groot mengbak oor ’n kastrol met ’n bietjie kookwater in – dis belangrik dat die mengbak nie aan die water raak nie. Sit nou die kastrol op die stoof oor lae hitte en klits tot dik en lig van kleur (sowat 5 minute). Haal van die hitte af en giet oor in ’n skoon mengbak. Roer die gesmelte gelatien en mascarpone by en vou laaste die stywe room ook in.

3 Giet die helfte van die romerige vulsel oor die eerste laag koekies in die pan en pak dan nog ’n laag gedoopte koekies daarop. Meng die gesmelte sjokolade by die oorblywend­e vulsel en giet bo-oor. Doop dadelik die laaste 8 koekies in die koffie en pak in ’n laaste lagie bo-op. Sit in die yskas tot gestol.

4 Om voor te sit, keer die tert uit op ’n mooi bord en verwyder die plastiek. Versier met ’n lagie gesifte kakao, sjokoladek­rulle en bessies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa