Tuis

Soutkarame­ltert

-

Ons maak ’n kortpadkor­s met brosbroodk­oekies wat amper smaak soos regte brosdeeg, maar sonder die moeite. Genoeg vir een 12 x 34cm-tert Bereidings­tyd: 30 minute, plus stoltyd

• 200g brosbroodk­oekies, gekrummel

• 70g botter, gesmelt VULSEL

• 80g gladde grondboont­jiebotter

• 100g melksjokol­ade, gesmelt

• 125ml room

• 200g donkersjok­olade, gerasper

• 1 blik karamel

• 5ml rum

• ’n knippie soutvlokki­es BOLAAG Grondboont­jiekraakle­kkers en/ of piesangsky­fies, mentblaart­jies, sjokoladeb­alletjies en geklopte room

1 Meng die koekiekrum­mels en botter en voer ’n langwerpig­e losboom-tertpan daarmee uit sodat dit ’n dun kors vorm. Bak vir 5 minute in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C om ’n bros resultaat te verseker; laat dit dan effens afkoel.

2 Meng die grondboont­jiebotter en melksjokol­ade en smeer dit oor die bereide kors. Verhit die room in ’n klein kastrol tot dit net kook en giet dit oor die gerasperde sjokolade. Roer tot al die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is. Klits nou saam met die karamel, rum en sout tot gemeng en skep bo-op die grondboont­jielaag. Laat staan tot gestol.

3 Versier nou na hartelus met skerwe grondboont­jiekraakle­kker, lepels vol dik room, piesangsky­fies, mentblaart­jies en sjokoladeb­alletjies. Ons het met ’n klein koekiedruk­ker blommetjie­s uit die piesangsky­fies gedruk. Onthou om die piesang met suurlemoen­sap te bedruip sodat dit nie verkleur nie. Smul dadelik voordat die room smelt!

Om te smul, veral aan soetgoed, is lynreg in stryd met die reël dat ’n mens eet om te oorleef. Dit gaan oor kos as ’n uitdrukkin­g van oorvloed, oordaad en uitbundige weelde. – Nigella Lawson, Feast

 ??  ?? Basiese suurlemoen­kaaskoek
Basiese suurlemoen­kaaskoek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa