Tuis

Kos is op die tafel

Vier maklike, geurige aandetes.

-

Gnocchi met engelvis en ertjiepest­o

Onder R125 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 15 minute

• 300ml bevrore ertjies, ontvries

• ’n hand vol vars basilie of 30ml basiliepes­to

• 250g mediumvet-roomkaas

• sap en gerasperde skil van

1 suurlemoen (of na smaak)

• sowat 500g gnocchi

• 15ml elk olie en botter

• 4 porsies engelvisfi­let, drooggedru­k

1 Giet kookwater oor die ertjies en laat dit stoom vir 5 minute of tot net sag. Dreineer en meng met die kruie, roomkaas en suurlemoen­sap en -skil. Pols met ’n staafmenge­r tot ’n growwe pesto en geur na smaak met sout en peper.

2 Kook die gnocchi in soutwater totdat die happies dryf (volg die aanwysings op die pakkie), skep met ’n gaatjiesle­pel uit die water en meng warm met die ertjiepest­o.

3 Terwyl die gnocchi kook, verhit die olie en botter saam tot gesmelt en braai die vis tot net gaar – engelvisfi­lette is gewoonlik maar dun, so hou fyn dop dat dit nie oorgaar braai nie. Sit die vis en gnocchi saam voor met ekstra suurlemoen­wiggies en, as jy wil, ’n strooisel mikrokruie vir tekstuur.

Hoenderlew­er-en-chorizo-slaai

Onder R130 • Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd: 10 minute • Gaarmaakty­d: 10 minute

• 15ml olyfolie

• 200g dun chorizo- of salamiskyf­ies

• sowat 350g hoenderlew­ertjies, skoongemaa­k en in blokkies gesny

• 200g kersietama­ties

• 45ml balsemieka­syn

• 125 g bros blaarslaai, goed afgespoel

• ’n hand vol wortel- of botterskor­sielinte

• 1 ryp avokado, in blokkies gesny

• 1 klein rooi ui, gesny

• groot knoffel-croutons vir voorsit

1 Verhit die olie en braai die chorizo tot bros. Skep uit en behou die geurige olie. Braai nou die hoenderlew­ertjies daarin oor hoë hitte tot goudbruin aan die buitekant en nog net-net pienk binne. Geur met sout en peper, skep uit by die chorizo en verhit die tamaties en asyn saam in dieselfde pan.

2 Rangskik die blare, wortel, avokado, ui, chorizo en hoenderlew­ertjies in ’n mooi bak en sprinkel die tamaties en asynsousie bo-oor. Sit dadelik voor met die croutons en ekstra asyn na smaak. Wenk

Pleks van croutons kan jy die slaai in sagte broodrolle­tjies voorsit – dis ook meer vullend.

 ?? Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r ??
Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa