Tuis

Varkworsie­s met appel

-

Onder R95 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 25 minute

• sowat 80ml botter

• 3 wortels, geskil en in blokkies gesny

• 3ml fyn komyn

• 1–2 patats, geskil en in blokkies gesny

• 15ml olie

• 8–12 vars varkworsie­s met kruie

• 2 middelgroo­t ferm appels

• 8 repe spek

1 Verhit ’n klontjie van die botter in ’n klein kastrol en braai die wortels en komyn saam tot geurig. Voeg die patat by en bedek net-net met water. Bring tot kookpunt en laat prut totdat die groente gaar en sag is. Gooi enige oortollige kookvloeis­tof af en hou dit eenkant. Roer die res van die botter by die groente, geur met sout en peper en maak fyn met ’n aartappeld­rukker tot ’n growwe kapok. Voeg van die behoue vloeistof by as die kapok te styf is.

2 Verhit die olie in ’n pan en braai die worsies tot oraloor bruin. Sny die appels in kwarte en verwyder die pitte. Skil as jy wil en draai ’n reep spek om elkeen. Braai nou versigtig saam met die worsies tot lekker bruin. Voeg ’n skeut water by die inhoud van die pan om te keer dat dit aanbrand, sit die deksel op en laat stoom vir ’n paar minute totdat die appels net sag en die worsies deurgaar is. Sit voor met die kapok en ’n vars slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa