Tuis

Kerriehoen­dersosatie­s met blomkool

-

Onder R85 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• 4 hoenderbor­sfilette, elk in vier blokke gesny

• sowat 125ml jogurt

• 30ml kerriepoei­er

• 1 ui, geskil en in kwarte gesny

• 60ml olyfolie

• 1 groot kop blomkool, gekap

• 2 cm vars gemmer, geskil en gerasper

• 1 rooi brandrissi­e, gekap

• 5 ml elk komyn en borrie

• 200 g kersietama­ties, gehalveer

• klein bossie koljander, gekap

1 Meng die hoender met die jogurt, kerriepoei­er en sout en peper na smaak. Breek die ui in blare en ryg dit tussen die hoenderstu­kke op vier nat houtstokki­es.

2 Verhit die olie in ’n groot pan en braai die blomkool, gemmer, brandrissi­e, komyn en borrie saam tot geurig. Sit die deksel op en laat stoom vir sowat 10 minute of tot die groente sag is, maar nie pap nie. Roer die kersietama­ties, koljander en sout en peper na smaak by en verhit tot warm (sowat 5 minute).

3 Verhit ’n riffelpan en rooster die geurige hoendersos­aties tot goudbruin en gaar, of rooster dit onder ’n voorverhit­te roosterele­ment in die oond, en sit dit voor met die kool.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa