Tuis

’n Splinternu­we huis opgeknap

-

Die huis was nuut gebou, maar die oorspronkl­ike ontwerp deur Andrew Swain (voorsitter van die Estetikako­mitee) is aangepas vir ’n vakansiepl­ek, en die veranderin­ge het geen waarde tot die oorspronkl­ike plan toegevoeg nie. “Die gebou het ’n goeie raamwerk gehad met goeie proporsies en simmetrie wat baie goed beplan was, maar van die nuwe detail het dit bederf,” sê Michel.

Daar was byvoorbeel­d nie ’n stoep nie – iets wat amper ongehoord is vir ’n huis in die Overberg. “En al het die huis ’n lieflike hoë plafon met ontblote balke gehad, het hulle in die slaapkamer geen beukvenste­rs ingesit wat op warm dae ’n trek veroorsaak en die lug help afkoel nie. Daar was net ’n groot, kaal gewelmuur sonder enige openinge,” verduideli­k Michel.

Die hoë plafonne, wel nie dubbelvolu­me nie maar “een-en-’n-halfvolume”, in oorstemmin­g met Greyton se erfenisrig­lyne, bied genoeg ruimte vir ’n loopgang waar Michel sy reuse-versamelin­g landskap- en argitektuu­rboeke hou – hy noem dit grappender­wys sy “universite­it”. “Ek het nog altyd gedroom van ’n biblioteek. Dis mos net wat ’n ware

gentleman nodig het,” sê hy laggend. Die oorspronkl­ike loopgang was brouwerk van dun vloerplank­e met ’n lendelam handreling. “Ons het herwinde dwarsbalke aan staalmante­ls geheg wat in die muur ingebou is,” verduideli­k Michel. “Maar dit was nie stabiel genoeg nie en is toe met staalkabel­s aan die dakbalke geheg. Ons moet nog ’n staal-handreling aansit. Die loopgang verbind die twee soldervert­rekke, ’n slaapkamer en my studeerkam­er.”

Die huis het ook ’n paar ingeboude kaste bygekry sodat dit meer geskik kan wees as permanente blyplek. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa