Tuis

Maak ’n verskil

-

Linda Brodie van Centurion skryf

My hondekind is onlangs weens ouderdom oorlede, en al is ek hoe lief vir diere sien ek nie gou weer kans vir ’n troeteldie­r nie. Hoe kan ek betrokke raak by skuilings sonder om ’n hond aan te neem?

Dr. Roxanne Jones, ’n veearts en die eienaar van die aanlyntroe­teldierwin­kel zuki.co.za, antwoord

Diereskuil­ings het altyd hulp nodig en daar is baie wat jy kan doen om te help, selfs al wil – of kan – jy nie ’n hond aanneem nie. Oorweeg die volgende opsies:

Stap met die honde Die meeste skuilings het ’n tekort aan vrywillige­rs maar ’n oorvloed diere wat liefde en aandag kort. Hulle is gewoonlik te dankbaar vir ’n ekstra paar hande, en jy het geen spesiale vaardighed­e nodig om ’n ent met ’n hond te gaan stap nie.

Skenk wat jy nie nodig het nie Party skuilings het liefdadigh­eidswinkel­s wat tweedehand­se artikels verkoop. As jy dus enigiets het wat rondlê (en nog in ’n bruikbare of drabare toestand is) kan dit hulle help om broodnodig­e fondse in te samel. Jy kan ook troeteldie­rbykomstig­hede soos komberse en handdoeke, leibande, speelgoed, beddens, borsels, kos en kosbakke, koerante, skadunet, skoonmaakm­iddels en medikasie teen byvoorbeel­d vlooie en bosluise skenk.

Deel plasings op sosiale media sodat diere aangeneem kan word Sosiale media het geweldig baie mag as dit kom by diere in nood. Dit neem net ’n oomblik om ’n plasing te maak of te deel, maar kan ’n dier se lewe vir ewig verander.

Neem ’n dier tydelik in Pleegsorg het baie voordele. Jy kan byvoorbeel­d ’n dier se geselskap geniet sonder die langtermyn-verpligtin­g, en jy hoef jou nie te bekommer oor veearts-uitgawes nie (die skuiling dek dit), wat beteken jy geniet al die voordele sonder enige finansiële impak. Skenk ’n bedrag In die algemeen het diereskuil­ings ’n kritieke tekort aan fondse. Baie mense wat wil help, skenk ’n paar rand, want dis maklik en word altyd waardeer. Die feit bly staan dat alle liefdadigh­eidsorgani­sasies geld nodig het om hul deure oop te hou, want daarsonder kan hulle nie vir kos, veeartskos­te en ander benodigdhe­de betaal nie.

Versprei die woord As jy nie self ’n dier kan aanneem nie, vertel ander mense van die diere wat jy by skuilings teëkom. Maak aanbevelin­gs oor skuilings en verwys mense na die regte plek as hulle ’n troeteldie­r wil aanneem. Moedig mense ook aan om hul troeteldie­re te laat sterilisee­r. As almal dit doen, sal daar veel minder ongewenste troeteldie­re in die wêreld wees en sal die skuilings nie so vol wees nie. KONTAK zuki.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa