Tuis

Koffiekolw­yntjies met grondboont­jiebotterv­ersiersel

-

Vervang die koffie gerus met warm water en ’n lepeltjie vanieljege­ursel as die kleinspan saameet.

Genoeg vir 12 • Bereidings­tyd: 30 minute, plus afkoeltyd Baktyd: 20 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 30ml kakao

• 125ml koffie, warm

• 150g botter by kamertempe­ratuur

• 160g (190ml) strooisuik­er • 3 eiers

• 140g (250ml) bruismeel

VERSIERSEL

• 125 ml sagte botter

• 125 ml onversoete grondboont­jiebotter

• 5 ml vanieljege­ursel

• 250 ml versiersui­ker, gesif, plus nog 125 ml vir ingeval • 12 skerwe grondboont­jiepralien (resep onder)

1 Voorverhit die oond. Klits die kakao en koffie saam tot glad; hou eenkant. Klits die botter en suiker saam tot lig van kleur en romerig, voeg die eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging tot goed gemeng. Klits dan die meel en die kakaomengs­el by tot net glad.

2 Voer die holtes van ’n muffinpan uit met papierrokk­ies, spuit met kleefweren­de kossproei en verdeel die beslag tussen die rokkies. Bak die kolwyntjie­s sowat 20 minute of tot gaar en uitgerys. Laat afkoel op ’n draadrakki­e.

3 Maak die versiersel Klits die botter, grondboont­jiebotter, vanielje en versiersui­ker saam tot goed gemeng. Oordeel of nog ’n bietjie versiersui­ker nodig is vir tekstuur. Skep die versiersel in ’n spuitsak met ’n sterpunt en versier die kolwyntjie­s mildelik. Rond elkeen af met ’n skyfie grondboont­jie-pralien.

Wenk Vir ’n rojale verrassing, maak ’n klein holte in elke koekie voor jy dit versier en vul dit met ’n Lindor-balletjie of skeppie sjokoladem­ousse. Grondboont­jie-pralien

Genoeg vir 1 plaat • Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 10 minute

• 180ml suiker • 125ml kookwater

• 250ml geroosterd­e sout grondboont­jies, grofgekap • 1 plak (80g) witsjokola­de, gesmelt

1 Los die suiker op in die water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt sodra al die suiker opgelos is en kook sonder om te roer totdat die karamel ’n mooi goue kleur het. Verwyder van die hitte.

2 Plaas ’n vel bakpapier op ’n bakplaat en sprei die neute in ’n enkellaag daarop uit. Giet die warm karamel oor die neute en beweeg die bakpapier sodat die karamel ’n dun lagie vorm. Pasop vir brand! Laat die pralien staan sodat dit kan afkoel en hard word.

3 Drup die gesmelte sjokolade oor die pralien se oppervlak. Breek die pralien in skerwe sodra die sjokolade gestol is. Die kraaklekke­rs is ’n lekker bederf net so, of gebruik dit om die kolwyntjie­s mee te versier of as strooisel oor sjokolader­oomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa