Tuis

Ouerhuis kry ’n nuwe baadjie toe die kinders met hulle ruil

In die De Wet-huis is dit nie net geërfde meubels wat die voorgeslag­te se stories aan die kinders oordra nie, maar ook hul huis se mure...

-

Die kas met die blou loodglas-panele en die wit bank voor die venster in die ingangspor­taal kom van Jacomien se ma. “My pa het die lang buffet onder die spieëls vir Hennie gemaak vir sy 30ste verjaarsda­g,” vertel Jacomien. Al die vloere, buiten dié in die slaapkamer­s, is gepigmente­erde sement – gewone sement gemeng met Earthcotev­erf in die kleur Husky. >> Mat van Hertex; vensters van Botrivier Boeremark

Sowat vyf jaar gelede het Hennie en Jacomien de Wet van Onrusrivie­r buite Hermanus met Jacomien se ouers ’n ooreenkoms aangegaan: Hulle sou op eie koste ’n kleinerige huis op ’n afgesnyde hoek van Jacomien se ouers se eiendom bou, met dien verstande dat hulle kan blyplekke ruil wanneer die jong gesin se huisie uit sy nate begin bars.

Vandag woon Hennie, Jacomien en hul drie spruite in die huis waar Jacomien jare gelede saam met haar ouers vakansie gehou het – nou in ’n blinknuwe baadjie.

Hans en Irma Herbst het die huis 16 jaar gelede gekoop. Onrusrivie­r was aan hulle bekend, want dié Overbergse kusdorpie was 28 jaar lank die Herbste se vakansiebe­stemming. Destyds het ’n veel kleiner huisie voor teen die see in hul behoeftes voorsien, maar toe die gesin permanent soontoe trek, het hulle meer ruimte gesoek en dié huis op ’n erf van amper

3 000 m² gekies.

Jacomien, wat toe as 24-jarige in Kaapstad gewerk het, was nie baie beïndruk nie. “Vir my was dit ’n lelike huis ver van die see.” Maar vir Hans en Irma was dit nommerpas. >>

Ou en nuwe planne

Nadat Hennie en Jacomien in 2008 getroud is, het hulle op die De Wet-familiepla­as in die Overberg gaan woon. Die plaas is in

2011 verkoop en die jong gesin – Christiaan was toe 9 maande oud – het ook Onrus toe getrek, waar hulle eers ’n huis gehuur het.

Toe kom Jacomien se pa in 2014 met die blink plan vorendag dat die kinders ’n huisie op hul ruim erf bou.

“Die erf was klaar onderverde­el,” verduideli­k Jacomien. “Die ooreenkoms was dat ons vir hulle ’n aftreehuis­ie bou waarin ons eers sou woon totdat dié te beknop word vir ons en die kinders.

Met klein Júha se geboorte laat in 2018 was ons gesin amptelik groot genoeg.”

Hoewel Jacomien se ouers destyds, toe hulle hier gekoop het, die huis na hul smaak vernuwe het, was Hennie, ’n bouprojekb­estuurder, en Jacomien, sy kreatiewe regterhand, gereed om hul eie stempel hier af te druk.

“Ek het die ou plan gevat en met ’n liniaal, uitveër en potlood self die planne verander,” vertel Jacomien. Sy en Hennie het koppe bymekaarge­sit en die ou huis se voetspoor behou, maar ’n ekstra motorhuis en ’n voorportaa­l met reuse-vensters wat op die berg uitkyk, bygelas.

Aangesien die paartjie helder, oop ruimtes in gedagte gehad het, is heelparty mure uitge-Tipp-Ex. Hulle moes ook ’n plan maak met die lae plafonne wat die huis donker en beknop laat voel het.

“Ons het begin deur die hele dakstruktu­ur af te haal en die mure hoër te bou; toe het ons die dak weer teruggesit. Só kan ons nou die oop gevoel in al die vertrekke ervaar,” vertel Jacomien. Hulle het ook die onderdakst­oep met sy braaikagge­l in ’n gesellige siteetkame­r omskep wat gerieflik met die kombuis skakel.

“Vandag is ons mal oor ons huis. Dit vloei absoluut volgens ons leefstyl. En dis wonderlik dat die tuin altyd deel van die huis voel. Ek kan nie glo ek het destyds gedink dis nie ’n goeie kopie nie...”

Erfgoed

Die De Wets se uitgebreid­e versamelin­g antieke meubels staan trots sy aan sy met meer kontemporê­re toevoeging­s op afgewitte sementvloe­re.

“Ons huis se styl is moderne Afrika-sjiek met koloniale titsels, maar dis die erfgoed wat altyd die oog vang.”

Jacomien vertel hulle hou van donkerhout- en antieke meubels. Hennie se ma het baie van die plaas se oudhede bewaar en vir die paartjie gegee, terwyl haar pa, Hans, self ’n oog vir karaktervo­lle ou meubels het.

“As klein dogtertjie het ons gereeld van die see af op pad terug Johannesbu­rg toe eers op Graaff-Reinet gestop om nog skatte te gaan uitsnuffel. Die ou Volkswagen Caravelle was dan tot die dak toe gelaai en ons kinders moes styf sit!” vertel sy.

Hans is ’n kranige skrynwerke­r wat graag met ou hout werk. Die eetkamerta­fel in die braaivertr­ek is juis sy handewerk. Hennie vertel: “Die Oregonbalk­e in die melkstalle op ons familiepla­as was al erg beskadig en moes vervang word, maar ek wou dit red en iets spesiaals daarmee maak. Toe spring my skoonpa en sy handlanger­s in en maak vir ons ’n karaktervo­lle tafel. Ons het tot die ringe waaraan die koeie altyd met melktyd vasgemaak is, behou.” Jacomien gebruik dié ringe nou as plekaanwys­er waar sy vir gaste kan dek. >>

 ??  ??
 ??  ?? WIE WOON HIER?
Hennie en Jacomien de Wet en hul drie spruite, Christiaan (9), Amri (6) en Júha (20 maande) WAAR Onrusrivie­r GROOTTE 285 m²
WIE WOON HIER? Hennie en Jacomien de Wet en hul drie spruite, Christiaan (9), Amri (6) en Júha (20 maande) WAAR Onrusrivie­r GROOTTE 285 m²
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hangligte van Eagle Lighting; eilandblad deur Oelofse Skrynwerke
Hangligte van Eagle Lighting; eilandblad deur Oelofse Skrynwerke
 ??  ?? Hennie en Jacomien met Júha op haar heup, Amri en Christiaan in die boom, en die Weimaraner Max (regs).
Toe Irma, Jacomien se ma, in die huis gewoon het, het sy dié eethoekie geskep wat haar herinner aan die Italianers wat so graag in die flieks by ’n lang tafel onder ’n druiweprie­el kuier.
Hennie en Jacomien met Júha op haar heup, Amri en Christiaan in die boom, en die Weimaraner Max (regs). Toe Irma, Jacomien se ma, in die huis gewoon het, het sy dié eethoekie geskep wat haar herinner aan die Italianers wat so graag in die flieks by ’n lang tafel onder ’n druiweprie­el kuier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa