Tuis

Sê jou sê en wen ’n prys

-

Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za.

Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskr­if, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMa­g. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.

WENBRIEF

Tuis vir groot én klein Linsey-Lee Nel van Montagu skryf

Ons het inspirasie gekry om een kombuismuu­r met die pragtige Duram King Mackerel te verf, en toe ek vir klein Anke (wat nou die hele wêreld vol begin kruip) soek, kry ek haar in die badkamer besig om self inspirasie te soek ... Haar kamer is seker volgende!

Bring die sonskyn in

Bruce Mattheus van Rawsonvill­e skryf

Nou met die isolasie kry ’n mens mos kans om dit te lees wat jy vroeër sommer so ge“scan” het. Ek kon nie help om te lag vir

Olivia Botha (in Tuis van November 2019) nie. Sy sê: “Ek is oortuig daarvan dat almal minstens een geel muur in hul huis moet hê om ’n vrolike blyplek te skep!”

Ek stem heelhartig saam – by ons nie net ’n geel muur nie, maar ook ’n geel voordeur. Dit sê: “Hallo!” en laat dit voel of die son inskyn.

My terapie

Ilza Joubert van Brackenfel­l skryf Ek is nie juis ’n opgaarder nie, maar van een ding sal ek nooit ontslae raak nie, en dit is my

Tuise. Hier is 61, die oudste een van Oktober 2009, toe Anneke nog redakteur was. Dis die enigste tydskrif wat ek nog koop, my bederfie elke maand. Ek sonder myself eintlik af om dit deur te blaai, te geniet en te droom. My man is net so gek daaroor, en dit het al gebeur dat ons per ongeluk elkeen met dieselfde uitgawe by die huis aankom.

’n Kinderslim plan

Carmi van Heerden van Centurion skryf

Terwyl ons nog twee klein kinders in die huis het, weier ek om enige nuwe meubels te koop, want kinders bly kinders. Nadat ek na vele video’s gekyk en tydskrifte deurgelees het, besluit ek om die kans te waag en ’n selfdoener te word. Toe koop ek ’n blik krytverf, was, leerpolito­er en lap, en spring weg!

Nou het ek ’n splinternu­we rusbank, vir net R500. Ek is so trots op myself.

So, vir dié wat wik en weeg: Doen dit net!

KORTLIKS

Hierdie stoel was wel afgeleef, maar dit het soveel potensiaal gehad. Ek het dit geverf met Tjhoko

Paint se Matt Black en ’n stensilpat­roon (afgelaai van Pinterest) met Cloud White bygevoeg. Wys jou net: In elke afgeleefde meubelstuk lê daar die potensiaal om ’n pragstuk te word.

– Martie Blignaut, Windhoek

Tuis inspireer ons almal. Alouise en haar mamma het die Kersboom gemaak. Vir Francois het Oupa ’n slaaphoeki­e in sy studeerkam­er ingerig. Ouma, wat dol is oor die tuinstorie­s, het weer die stoel se potensiaal raakgesien.

– Alta Vosloo, Dwarswegst­rand

Die skrywer van dié maand se wenbrief kry ’n Spindelwas­goeddroër van R2699!

Om voor te bly met die wasgoed – veral in die kouer maande – is ’n gedugte taak. Ontmoet die Spindel: dis kompak, draagbaar en gereed om jou wasgoed droog te kry én jou tyd, geld en elektrisit­eit te bespaar. Die Spindel (beskikbaar by huiswarewi­nkels en takealot.com) gebruik tolkrag pleks van hitte, en haal binne drie minute tot 80% van die vog en seepreste uit jou klere. Boonop is dit veilig vir delikate items en winterwolg­oed. Besoek spindel.co.za en SpindelSA op

Facebook vir meer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa