Tuis

[ WATTER LAP?]

-

Die soort materiaal wat jy kies, hang af van wat jy beplan om daarmee te doen. Lindy Kriek, mede-eienaar van Samesyn, gee raad:

LINNE is ’n natuurlike vesel wat al eeue lank gebruik word. Die materiaal haal goed asem en is uiters absorberen­d. “Linne het ’n kenmerkend growwe tekstuur, maar een van sy beste eienskappe is dat dit sagter en meer absorberen­d raak hoe meer dit gebruik en gewas word,” sê Lindy.

Linne is uiters duursaam en daarom ook duurder as ander materiale. “En dit kreukel natuurlik maklik!”

Enige kleure wat op linne gedruk word, soos Samesyn se digitale foto’s, word mettertyd ligter.

“Linne-liefhebber­s verstaan dat die mooi van linne juis hierin lê. Die karakter van linne ontwikkel gedurig, die vesels word sagter en die helder kleur word ligter. Dis juis die onvolmaakt­hede van linne wat dit mooi en uniek maak.

“As jy beddegoed, tafeldoeke en teedoeke wil hê wat ’n leeftyd gaan hou, is linne jou beste belegging.”

KATOEN is ’n uiters veelsydige natuurlike vesel wat in talle soorte geweefde materiaal soos denim, flennie en damas gebruik word. “Katoen is sagter as linne, en hiperabsor­bered; die kleur bly ook langer helder en ’n mens kan dit in die wasmasjien gooi!” sê Lindy.

“Omdat dit so sag is, is dit ’n goeie keuse vir servette, teedoeke en ons nuwe gesigmaske­rs. Dis ook ideaal vir sagte babakomber­sies en beddegoed.”

Lindy sê as linne of katoen nie vir jou werk nie, het ’n sintetiese stof soos poliëster of ’n gemengde stof ook sy deugde – dit is in sekere gevalle selfs ’n meer praktiese keuse.

POLIËSTER is ’n sintetiese materiaal en is dus nie baie absorberen­d nie, maar hou talle ander voordele in: Behalwe dat dit baie bekostigba­ar is, sal kleure wat daarop gedruk word nie maklik uitwas nie.

“Poliëster maak baie maklik skoon en het minder wasinstruk­sies as katoen en linne; jy dit kan byvoorbeel­d in die wasmasjien gooi en hoef dit glad nie te stryk die, want dit kreukel nie,” verduideli­k Lindy. “Jy kan met ’n geruste hart wyn mors op jou poliëster-tafeldoek! Merke veroorsaak deur kos en wyn was baie maklik uit.” Wees net versigtig met poliëster naby ’n oop vlam en moet dit ook nie gebruik vir voorskote nie, is haar raad.

“Die poliëster waarop ons van ons tafeldoeke druk lyk baie soos regte linne. Party mense kan nie die verskil sien nie!” Dit werk ook goed vir ottomans en ander stoffering, want dis maklik om skoon te hou en vuil kolle kan een-een skoongemaa­k word.

GEMENGDE MATERIALE Wanneer poliëster met ander materiale vermeng word, verander die eienskappe daarvan: Saam met linne sorg die poliëster dat die gemengde stof beter was en sy kleurvasth­eid beter behou; dit kreukel ook minder en gee die linne ’n sagter gevoel, al is dit sinteties. “Ons gebruik byvoorbeel­d ’n poliëster-fluweelmen­gsel wat heerlik sag is en die drukwerk helder laat vertoon,” vertel Lindy. “Dié kunsfluwee­l werk uitstekend vir stoffering, want dis maklik om skoon te maak. Tog lyk dit weelderig, soos net fluweel kan!”

 ??  ??
 ??  ?? In dié gastekamer van Bernie Diedericks se huis op Villiersdo­rp (sien bl. 14) verleen ’n pragtige ontwerp van Makietie Linne ’n tikkie groenighei­d op die antieke bed. Die lap is ’n mengsel van katoen en linne, en met ’n breedte van 1,5m pas dit perfek oor ’n enkelbed. Die Forest Fern-ontwerp komplement­eer die houtmeubel­s en ander oudhede waarvoor Bernie ’n besonderse voorliefde het.
In dié gastekamer van Bernie Diedericks se huis op Villiersdo­rp (sien bl. 14) verleen ’n pragtige ontwerp van Makietie Linne ’n tikkie groenighei­d op die antieke bed. Die lap is ’n mengsel van katoen en linne, en met ’n breedte van 1,5m pas dit perfek oor ’n enkelbed. Die Forest Fern-ontwerp komplement­eer die houtmeubel­s en ander oudhede waarvoor Bernie ’n besonderse voorliefde het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa