Tuis

Swart vir altyd

-

Manuel en Jenny Cernades het meer as 20 jaar gelede ’n erf in Linden, Johannesbu­rg, gekoop vir hul meubelwink­el, Orejen. Die plan was om eendag ’n huis agter die winkel aan te bou sodat hulle op een erf kon woon en werk. “Ons het uiteindeli­k daarby uitgekom en wil binne die volgende twee jaar intrek,” sê Jenny.

Die paartjie het vier jaar gelede begin met die uitbreidin­g en die opknap van die bestaande kombuis. Sy vertel dié vertrek was destyds outyds en glad nie ergonomies of funksionee­l nie. “Ons hou daarvan om in die kombuis te onthaal, en dan wil ek nie alleen in die kombuis doenig wees nie.” ’n Groot eiland waar gaste lekker kan saamkuier en deel kan wees van die aksie was

oEpN hVEuRl

Jenny en Manuel het gehou van die idee van losstaande

gWaaarneho­use ontwerp. “Staal is nie net ’n moderne afwerking nie, dis ook veelsydig, duursaam en maklik om skoon te maak. En omdat die kombuis uit modulêre eenhede bestaan, was die installeri­ng in ’n japtrap klaar,” verduideli­k sy. “Die eenvoudige, skoon lyne is eie aan die Skandinawi­ese ontwerpsty­l.”

Omdat die kombuis die middelpunt van hul nuwe leefruimte vorm, wou die paartjie nie hê enige toestelle moet sigbaar wees nie. ’n Geïntegree­rde yskas en ruimte vir die skottelgoe­dwasser, wasmasjien en tuimeldroë­r onder die wasbak teen die agterste muur was ’n elegante oplossing.

“Ek is absoluut mal oor hoe min onderhoud die staal vra,” sê Jenny. “Die feit dat dit tydloos is en nooit outyds gaan lyk nie, beteken dis waarskynli­k die laaste kombuis wat ek ooit sal hê.

iSlatenwda­drteCeelrw­amaitcns ofaucedbio­eok.ucioemrp/nlieckcisg­tewaorrtdc­ehraemti–cs gPoroecdh.e”fC>o>ncepts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa