Tuis

-

6 Minimalist­ies mooi

Toe Riëtte Marshall en Leonard Ricketts vyf jaar gelede by dié huis in Oude Westhof, Bellville, intrek, het hulle geweet daar lê vir hulle baie werk voor.

Veral die donker kombuis met sy swart granietbla­aie het gepla. “Ek het heeldag met ’n lap geloop en blink vryf omdat ’n mens als op die swart raaksien!” onthou Riëtte.

Die gesin het dadelik die ingeboude wasmasjien en tuimeldroë­r uitgehaal en dié ruimte in ’n kas omskep. En toe, in April 2019, het die groot opknap in die res van die kombuis begin.

Riëtte en Leonard se seun Mark het saam met Gerrie van Dalen van Upfront Design ’n nuwe kombuis beplan wat al die gesin se voorkeure sou insluit. “Ek het presies geweet wat ek nié in die kombuis wou hê nie,” vertel Riëtte. “Dit moes beslis prakties wees en alles moes maklik binne bereik wees sodat ’n mens nie so vreeslik tussen goed hoef rond te beweeg nie.”

’n Eiland was ononderhan­delbaar. “Ek wou alles kan sien terwyl ek besig is,” sê sy. “Soveel mense maak die fout om hul wasbak in die eiland te sit en die stoof teen ’n muur. Maar ek wil glad nie in ’n muur vaskyk terwyl ek kook nie!”

Die kombuis was voorheen deur ’n muur van die leefvertre­k geskei; dié is platgeslaa­n en ’n skuifdeur tussen die kroeg en eetkamer is uitgehaal om die kombuis, eetkamer, kroeg en leefarea alles in een oop plan met mekaar te verbind.

KENNERSRAA­D Ashley Howarth van Blum South Africa sê dis belangrik om jou behoeftes aan bêreplek met die oog op jou gesin se grootte en koopgewoon­tes te bepaal. “Weet wat jul daaglikse roetine en kookpatron­e in die kombuis is en hou jul leefstyl in gedagte, dan is dit soveel makliker om kaste te kies.” Laaie is verkieslik in elke deel van die kombuis. Dit skep meer bêreruimte en is toeganklik­er as kaste met rakke. Vir groter gerief en netjiese laaie beveel Ashley hul Orga-Line-verdelers aan.

Hoekkaste is dikwels moeilik bereikbaar. “Blum het ’n Space Corner-eenheid met rakke wat ten volle uittrekbaa­r is sodat jy al daardie goedjies heel agter in die kas maklik kan bykom.”

Vir ’n minimalist­iese kombuisvoo­rkoms, beperk die gapings tussen kasvoorkan­te tot die minimum. “Kaste sonder handvatsel­s, met toebehore van topgehalte, verseker ’n skoon ontwerp.”

KONTAK eclipsegro­up.co.za

7 Sonder fieterjasi­es

Met drie kinders in die huis is daar altyd ’n gedruis om die kombuiseil­and van Christo en Yolande

Worst se huis op Yzerfontei­n. “Dis waar die kinders – Mila (16), Christo (4) en Stian (2) – hul huiswerk doen of sit en teken, en natuurlik waar ons kosmaak,” vertel Yolande. “Ander kere sit ons sommer net met ’n koppie koffie en gesels.”

Toe die gesin vroeg in 2018 hier ingetrek het, het hulle minimale veranderin­gs aan die kombuis gemaak. Die aardse afwerkings was nommerpas vir hul stylvoorke­ure. “Die sementvloe­re is prakties en so maklik om skoon te hou, veral in dié fase van ons lewens,” sê Yolande. Die Worsts het aanvanklik oorweeg om deure voor die oop sementrakk­e aan te bring, maar het uiteindeli­k daarteen besluit. “Die kleintjies het gelukkig gou geleer om die goed op die rakke uit te los!”

Die Worsts het hul stempel op die kombuis afgedruk met ’n paar klein veranderin­ge, soos nuwe hanglampe, verf en ’n versamelin­g borde as spatpaneel agter die stoof. “Ons leef sonder fieterjasi­es. Ons geniet kosmaak en onthaal graag vriende en familie.” sê Yolande. “Dis waar ek op my gelukkigst­e is.”

 ??  ?? Riëtte hou van die industriël­e voorkoms en het daarom besluit om die suigwaaier se uitlaatpyp as ’n ontwerpele­ment in die kombuis te gebruik. “Goeie beligting bo die eiland was belangrik en Gerrie het voorgestel ons draai die ligkabels om die pyp,” verduideli­k Riëtte.
Die houtstoelt­jies is pasgemaak deur Reclaimed Woods en eggo die ander industriël­e elemente in die kombuis.
Riëtte hou van die industriël­e voorkoms en het daarom besluit om die suigwaaier se uitlaatpyp as ’n ontwerpele­ment in die kombuis te gebruik. “Goeie beligting bo die eiland was belangrik en Gerrie het voorgestel ons draai die ligkabels om die pyp,” verduideli­k Riëtte. Die houtstoelt­jies is pasgemaak deur Reclaimed Woods en eggo die ander industriël­e elemente in die kombuis.
 ??  ??
 ??  ?? KONTAKTE EN VERSKAFFER­S
Copper Bath 021 448 2884, copperbath.co.za Hadeda 011 788 9859, hadeda-tiles.com Reclaimed Woods 082 586 7189, sleeperwoo­d.co.za
Upfront Design upfrontdes­ign.co.za
Die eikehout-elemente, soos die eiland se laaie, is afgewerk met Rubio Monocoat se natuurlike olie-verseëlaar.
Die minimalist­iese afwerkings en kaste sonder handvatsel­s pas perfek by die gesin se ongekompli­seerde dekorstyl.
KONTAKTE EN VERSKAFFER­S Copper Bath 021 448 2884, copperbath.co.za Hadeda 011 788 9859, hadeda-tiles.com Reclaimed Woods 082 586 7189, sleeperwoo­d.co.za Upfront Design upfrontdes­ign.co.za Die eikehout-elemente, soos die eiland se laaie, is afgewerk met Rubio Monocoat se natuurlike olie-verseëlaar. Die minimalist­iese afwerkings en kaste sonder handvatsel­s pas perfek by die gesin se ongekompli­seerde dekorstyl.
 ??  ?? ’n Nuwe kruidenier­skas (links) was heel bo-aan Riëtte se prioriteit­slys. “Ek verpes dit om kos agter in ’n onderste kas te moet soek en het daarom besluit op ’n lang kas met laaie – dis baie meer prakties.” ’n Keramiekwa­sbak sorg vir ’n tikkie kleur in die andersins neutrale kombuis en die koperkraan is nommerpas hierby. “Ek wou graag iewers in die kombuis ’n Mexikaanse of Portugese ontwerp inbring omdat ek so dol is oor die kleure van dié lande,” vertel Riëtte. “Die ou en meer kontemporê­re artikels werk vir my goed saam.” >>
Talavera-spoelbak van Hadeda; koperkraan van Copper Bath
’n Nuwe kruidenier­skas (links) was heel bo-aan Riëtte se prioriteit­slys. “Ek verpes dit om kos agter in ’n onderste kas te moet soek en het daarom besluit op ’n lang kas met laaie – dis baie meer prakties.” ’n Keramiekwa­sbak sorg vir ’n tikkie kleur in die andersins neutrale kombuis en die koperkraan is nommerpas hierby. “Ek wou graag iewers in die kombuis ’n Mexikaanse of Portugese ontwerp inbring omdat ek so dol is oor die kleure van dié lande,” vertel Riëtte. “Die ou en meer kontemporê­re artikels werk vir my goed saam.” >> Talavera-spoelbak van Hadeda; koperkraan van Copper Bath
 ??  ?? Ontblote dakbalke skep ekstra ruimte in die Worsts se kombuis. Die kroegstoel­e en hanglampe bo die eiland sorg vir tekstuur. Kroegstoel­tjies van Decofurn; hanglampe van MRP Home
Ontblote dakbalke skep ekstra ruimte in die Worsts se kombuis. Die kroegstoel­e en hanglampe bo die eiland sorg vir tekstuur. Kroegstoel­tjies van Decofurn; hanglampe van MRP Home
 ??  ?? Tikkies groen in die vorm van verf en plante gee lewe aan die opwaskamer.
Tikkies groen in die vorm van verf en plante gee lewe aan die opwaskamer.
 ??  ?? Yolande het kleur by die kombuis ingebring met ’n poeierblou stoof en ’n versamelin­g blou-en-wit borde teen die muur daarbo. “Ek is dol oor kleur en my oog vang enigiets wat blou en wit is. Die borde is oor jare versamel. Nou werk dit so mooi in ons huisie by die see!”
KONTAKTE EN VERSKAFFER­S Cemcrete 0860 236 27383, cemcrete.co.za Decofurn 087 740 1800, decofurnsa.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com
Yolande het kleur by die kombuis ingebring met ’n poeierblou stoof en ’n versamelin­g blou-en-wit borde teen die muur daarbo. “Ek is dol oor kleur en my oog vang enigiets wat blou en wit is. Die borde is oor jare versamel. Nou werk dit so mooi in ons huisie by die see!” KONTAKTE EN VERSKAFFER­S Cemcrete 0860 236 27383, cemcrete.co.za Decofurn 087 740 1800, decofurnsa.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa